Nuus 16:00
BULLETIN 9 Februarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Warras Stock se vermeende moordenaar oorweeg ‘n pleitooreenkoms met die staat
# SALGA se lekgotla hersien munisipale prestasie en hervormings
# En rugby: Die Blitsbokke is nou tweede op die wêreldreeks-punteleer ná hulle sege in Perth
# Die regspan van die Mosambiekse burger Armando Joaquim Pacula, wat beskuldig word van die moord op die media-persoonlikheid Warrick “DJ Warras” Stock, sê hy het sy aansoek om borgtog teruggetrek en oorweeg ‘n pleitooreenkoms met die staat. Pacula het in die Johannesburgse Landdroshof verskyn op aanklag van moord met voorbedagte rade en sameswering nadat Stock op 16 Desember vermoor is. Die verrigtinge hervat Woensdag. Pacula se prokureur, Tembile Gumpe, het bevestig die pleitooreenkoms is nog nie afgehandel nie.
# Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging se nasionale uitvoerende komitee-lekgotla in Kaapstad ondersoek hervormings om dienslewering te verbeter. Besprekings sal fokus op water, elektrisiteit, paaie, sanitasie en vullisverwydering. Die adjunkminister van Samewerkende Regering, Dickson Masemola, het aan SABC News gesê die lekgotla sal ook munisipale prestasie evalueer, en lesse en vordering van die afgelope vyf jaar hersien en ingrypings formuleer voor die komende plaaslike regeringsverkiesing:
# COSATU sê die Suid-Afrikaanse Lugdiens het sy eerste wins in jare aangeteken en heropen geleidelik binnelandse, streeks- en internasionale roetes. Matthew Parks van COSATU prys die lugredery se uitkomste ná staatskaping en korrupsie en beklemtoon sy rol in ekonomiese groei en toerisme. Hy vra die lugdiens om voorrang te gee aan die aanstelling van voormalige personeel en roetes te vermy wat verliese toon. Parks noem die ommekeer ‘n morele hupstoot:
# Rugby: Die Blitsbokke het na tweede plek in die seweswêreldreeks opgeskuif na hul oorwinning oor die eerste-geplaaste Fidji in gister se eindstryd van die toernooi in Perth, Australië. Dit is Suid-Afrika se tweede titel tot dusver die seisoen na hulle in Desember in Kaapstad gewen het, maar met minder gunstige uitslae in Dubai en Singapoer. Die Blitsbokke is vier punte agter die eilandbewoners. Nieu-Seeland is nou derde, gevolg deur Frankryk, Australië, Argentinië, Spanje en Groot-Brittanje. Die volgende toernooi word van 7 Maart in Vancouver, Kanada, gespeel
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand teen die dollar, 19-rand teen die euro en 21-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-992-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-en-11-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-5-sent per vat.
# En ten slotte: President Cyril Ramaphosa het Dipak Patel aangestel as die adjunkvoorsitter van die Presidensiële Klimaatkommissie tot 2030. Die Presidensie sê sy aanstelling het ten doel om klimaatbefondsing, belegging en Suid-Afrika se Billike Energie-oordrag te versterk. Patel beskik oor kundigheid in klimaatbefondsing, ingenieurswese en beleggings-bankdienste, en was voorheen die kommissie se senior raadgewer. Die Presidensie sê die rol is die sleutel tot die bevordering van lae vrystellings en ‘n klimaatveerkragtige ekonomie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….