Nuus 12:00
BULLETIN 4 Februarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# John Steenhuisen bedank as leier van die DA
# ‘n Ondersoek is van stapel gestuur ná ‘n vliegtuigongeluk in Midrand
# En rugby: Die Blitsbok Ryan Oosthuizen sê hulle sal beter vaar in Perth
# Die leier van die DA, John Steenhuisen, gaan hom nie verkiesbaar stel vir ‘n derde termyn om die party te lei nie. Sy aankondiging in KwaZulu-Natal kom voor vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing. Steenhuisen het beklemtoon hy bly aan as minister van Landbou. Hy sal die leisels in April aan ‘n nuwe leier oorhandig en sê hy laat die party sterker in die regering agter. Steenhuisen sê sy leierskapsending is afgehandel en die DA is gerig op toekomstige groei:
# Die GOOD-party in Kaapstad vra die polisie en alle toepaslike wetstoepassingsagentskappe om volledig en dringend ondersoek in te stel na die moord op die ANC-raadslid, Lazola Gungxe. Hy is glo gister in sy kantoor in Nyanga aangeval. Jonathan Cupido van die party sê dit was ‘n gewelddadige en sinnelose daad wat die gemeenskap en die plaaslike regering geskok het:
# ‘n Ligte vliegtuig het vanoggend in die tuin van ‘n privaat eiendom in Glen Austin in Midrand, Gauteng, neergestort. Nooddienste is op die toneel naby die Carstenhof-hospitaal, maar die hospitaal is nie geraak nie. Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid sê ondersoeke is tans aan die gang. Owerhede waarsku die publiek om die gebied te vermy sodat helikopter-vlieëniers noodlandings kan doen. Geen bevestigde besonderhede van beserings is vrygestel nie.
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het die minimum loon vir 2026 van 1 Maart af verhoog. Dis met vyf-persent verhoog, van 28-rand-79-sent tot 30-rand-23-sent vir elke gewone uur gewerk, in ooreenstemming met die Nasionale Raad vir Minimum Lone se aanbeveling. Meth sê dit sluit werkers van die Uitgebreide Openbarewerke-program uit, aangesien hulle onder ‘n spesiale bedeling aangestel word.
# Rugby: Die Springbok-sewespeler Ryan Oosthuizen sê hulle is vol vertroue dat hulle die naweek beter sal vaar in die wêreldreekstoernooi in Perth, Australië. Die Blitsbokke het verlede naweek in Singapoer vierde geëindig. Suid-Afrika is in Groep A saam met Spanje, Fidji en Argentinië. Oosthuizen, wat in sy 60ste toernooi sal speel, sê hy is tevrede met die span se besprekings wat hoofsaaklik op verantwoordelikhede en standaarde gefokus het:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-93-sent teen die dollar, 18-rand-85-sent teen die euro en 21-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-383-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-en-84-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-44-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….