Nuus 18:00
BULLETIN 2 Februarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Brandstof-verligting wink vir motoriste
# Die polisie arresteer meer as 14 000 verdagtes, lê beslag op onwettige vuurwapens, dwelms en smokkelware
# En, die daling in kommoditeite skud wêreldmarkte
# Brandstofpryse sal na verwagting tot hul laagste vlak in vier jaar daal. Woensdag sal 93-oktaan petrol en 95-oktaan petrol met 65-sent per liter daal. Diesel sal ook tussen 50-sent en 57-sent per liter goedkoper wees en lampolie daal met 53-sent per liter. Vloeibare petroleumgas sal egter nasionaal met 31-sent per kilogram styg en in die Wes-Kaap met 36-sent. Die Departement van Minerale en Petroleumbronne sê die rand se sterk vertoning het gehelp om pryse te verlaag, alhoewel hoër wêreldwye oliepryse dalings beperk het.
# Die polisie het meer as 14-duisend-500 persone in hegtenis geneem in landswye misdaadklopjagte, wat moord, verkragting, gewapende roof, dwelmmisdade en onwettige mynbou geteiken het. Die polisie het beslag gelê op 119 vuurwapens, meer as eenduisend-100 rondtes ammunisie, 51 gesteelde voertuie en meer as 700 ander gevaarlike wapens, asook smokkelware ter waarde van meer as een-miljoen-rand. Die woordvoerder van die Polisie, Amanda van Wyk sê skietvoorvalle het in Gauteng en KwaZulu-Natal plaasgevind, en buitelandse burgers is in die Wes-Kaap aangehou vir koperdiefstal:
# Die minister van Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, waarsku jongmense teen die nadele van toenemende dwelmmisbruik. Die minister sê dit bedreig jongmense se gesondheid, veiligheid, onderwys en langtermynbydrae tot die land se maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê die regering sal as deel van sy reaksie voortgaan om met die Sentrale Dwelmowerheid en burgerlike organisasies saam te werk:
# Kommoditeitsmarkte het vroeër vandag gedaal, gelei deur verliese in goud, silwer, olie en nywerheidsmetale. Dit volg nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, vir Kevin Warsh as die volgende Amerikaanse federale voorsitter aangewys het, wat veroorsaak het dat edelmetale ‘n tweede keer tuimel. Die keuse het verkope oor finansiële markte aangewakker. Wêreldaandele het ‘n derde agtereenvolgende dag gedaal, gelei deur skerp dalings in Asië en Europa. Goud het met vyf-persent gedaal en silwer met meer as sewe-persent. Olie was byna vyf-persent laer na hoogtepunte van verskeie maande, en koper het met drie-persent gedaal.
# Rugby: Die Stormers se direkteur van rugby, John Dobson, glo vier weke se rus sal tot voordeel van die span wees nadat hulle drie nederlae in vier wedstryde gely het – teen Harlequins en twee keer teen die Sharks. Die Kaapse span speel op 28 Februarie teen die Leeus in Johannesburg en teen die Bulle in Pretoria op 14 Maart, gevolg deur tuiswedstryde teen die Dragons op 22 Maart en Edinburgh op die 28ste. Dobson erken die Stormers het dieselfde foute wat in hulle Kaapstad gemaak het, in Durban herhaal.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-6-sent teen die dollar, 18-rand-97-sent teen die euro en 21-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-859-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-725-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 66-dollar-35-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….