Nuus 15:00
BULLETIN 26 Januarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Gopaul lig kommer uit oor minister Mchunu se versoek rakende die moord op raadslid Mabhida
# Borgtog word geweier vir die beskuldigde in die DJ Warras-moordsaak
# En krieket: Sunrisers se afrigter sê deurlopende gehalte het hul die SA20-titel besorg
# Die waarnemende adjunk-polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Anthony Gopaul, het voor die Madlanga-kommissie getuig die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het hom gekontak oor die moord op die ANC-wyksraadslid van Mandeni, Phendukani Mabhida. Gopaul sê Mchunu het inligting oor verdagtes en aanklagte gevra, wat hy na ondersoekbeamptes en senior amptenare verwys het. Hy beklemtoon hierdie soort regstreekse kommunikasie is teen die protokol, en sê bywerkings moet gewoonlik deur provinsiale leierskap gekanaliseer word:
# Die beskuldigde in die moord op die mediapersoonlikheid Warrick “DJ Warras” Stock, Victor Majola, is borgtog geweier deur die Johannesburgse Landdroshof. Hy staan tereg op aanklag van moord met voorbedagte rade en sameswering nadat Stock op 16 Desember naby die Carlton-sentrum doodgeskiet is. Die landdros het Majola se gebrek aan ‘n vaste adres, teenstrydige alibi en onbetroubare videobewyse aangehaal om borgtog te weier. Die saak is tot 11 Februarie uitgestel vir verdere ondersoeke.
# Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, vra 2025 se matrieks om verskeie naskoolse keuses te oorweeg. Hy het in Pimville, Soweto, gepraat, waar die top-presteerders in Gauteng sertifikate en studiebeurse ontvang het, en leerders aangemoedig om nie net na tradisionele universiteite te kyk nie. Matrieks het ‘n geskiedkundige hoë slaagsyfer behaal te midde van beperkte universiteitsruimtes landwyd. Manamela lig Tegniese en Beroepsonderwys en -opleiding en gemeenskapskolleges uit:
# Grensbeamptes in Suid-Afrika en Zimbabwe verskerp pogings om die handel in ongedokumenteerde minderjariges aan te pak. Meer as 50 kinders wat sonder ouers of voogde reis is hierdie maand op die Beitbrug-grenspos onderskep. Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, waarsku volwassenes wat hierdie reise bemiddel en nalatige ouers sal in hegtenis geneem word. Hy sê owerhede betrek ook bus- en taxi-ondernemings om nakoming te verseker, terwyl die twee lande saamwerk om die onwettige beweging van kinders oor grense te voorkom.
# Krieket: Sunrisers Eastern Cape se hoofafrigter, Adrian Birrell, sê die span het die vierde seisoen van die SA20 gewen danksy deurlopende gehalte. Die span is die derde keer die kampioen nadat hy Pretoria Capitals met ses paaltjies geklop het in gister se eindstryd in Kaapstad. Dit volg nadat hulle in die eerste kwalifiseerder teen dieselfde span verloor het nadat hul bo-aan die punteleer geëindig het. Birrell glo die groep het ‘n balans gehandhaaf en was mededingend in elke faset van die spel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-2-sent teen die dollar, 19-rand-99-sent teen die euro en 21-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-717-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-en-89-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 65-dollar-45-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….