Nuus 08:00
BULLETIN 22 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Tau sê die regering werk aan die skepping van verskeidenheid in markte
# Numsa sê die werkers word gedwing om die las van Denel se leierskapsmislukkings te dra
# En Donald Trump sê hy het ‘n raamwerk vir ‘n Groenland-ooreenkoms
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika gaan voort met opbouende handelsgesprekke met Amerika, maar erken dat daar sekere struikelblokke is. President Donald Trump het in Augustus straf-tariewe van 30-persent teen Suid-Afrika ingestel wat die hoogste vir lande suid van die Sahara is. Tau het by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, aan die SABC gesê die regering probeer toegang tot markte diversifiseer:
# Die metaalwerkersvakbond, Numsa, striem Denel se bestuur omdat werkers se salarisse nie betaal word nie. Twee afdelings van die wapenvervaardiger in staatsbesit, PMP en Dynamics, is volgens berigte in kennis gestel dat hulle nie hierdie maand salarisse ontvang nie. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi Majola, sê Denel het reeds ‘n reddingsboei van 1,8-miljard-rand van Nasionale Tesourie ontvang om produksie te hervat, salarisse te betaal en uitstaande skuld te delg:
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Minerale en Petroliumbronne het berigte van gewelddadige optrede deur onwettige mynwerkers in die Sporong-nedersetting in Randfontein aan die Wes-Rand, veroordeel. Sowat 300 gesinne het vroeër die maand uit hul huise gevlug weens teistering en geweld deur onwettige mynwerkers of “zama zamas”. Die inwoners het by die Randgate-boksklub skuiling gevind. Volgens die voorsitter van die komitee, Mikateko Mahlaule, ondermyn die optrede nie net die veiligheid en sekuriteit van gemeenskappe nie, maar ook die gesag van die staat en en sy instellings.
# President Donald Trump van Amerika sê hy het ná ʼn ontmoeting met NAVO-hoof Mark Rutte in Davos, Switserland, ʼn raamwerk gevorm vir ʼn Groenland-ooreenkoms. Volgens berigte sluit dit onder meer heronderhandeling in van die 1951-ooreenkoms oor Amerika se militêre teenwoordigheid op die eiland. Trump het op Truth Social gesê dis nie meer nodig om tariewe te hef op Europese nasies wat sy ambisie teengestaan het nie. Rutte sê onderhandelings sal fokus op sekerheid in die hele Noordpoolstreek:
# Krieket: Die Pretoria Capitals het die Sunrisers Eastern Cape met sewe paaltjies geklop in die eerste kwalifiserende wedstryd op Kingsmead in Durban, en hul plek in Sondag se SA20-eindstryd bespreek. Bryce Parsons het drie paaltjies platgetrek en die Sunrisers tot 170 vir sewe beperk. Dewald Brevis het daarna ʼn onoorwonne 75 behaal en Parsons het 60 bygedra om die Pretoria Capitals ʼn oorwinning te besorg met nege balle oor. Die Sunrisers het nog ʼn kans om die eindstryd te haal wanneer hulle die wenners van die kragmeting tussen die Paarl Royals en Joburg Super Kings takel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-27-sent teen die dollar, 19-rand-1-sent teen die euro en 21-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-906-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-790-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….