Nuus 09:00
BULLETIN 17 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU vra vir klimaatsveerkragtige heropbou na die oorstromings in Limpopo en Mpumalanga
# Die DA eis antwoorde van die minister van Verdediging oor die BRICS-krygsoefening
# En, die Britse vloot stel ‘n nuwe bemanningslose helikopter bekend om Noord-Atlantiese bedreigings teen te werk
# COSATU het die regering versoek om beskadigde infrastruktuur in Limpopo en Mpumalanga te herbou op ‘n wyse wat langtermyn klimaatsveerkragtigheid verseker. Elf sterftes, insluitend ‘n vyfjarige, en meer as vier-miljard-rand se skade is aangemeld met paaie en brûe wat vernietig is. Meer as een-duisend-600 huise is volgens berigte beskadig of vernietig. COSATU-woordvoerder Zanele Sabela vra dat die herbouproses kwesbare gemeenskappe teen toekomstige rampe moet beskerm:
Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, vra intussen vir verhoogde waaksaamheid in Limpopo en Mpumalanga met swaar reën wat na verwagting sal voortduur. Simelane het aan SABC News gesê die regering voorsien noodbehuisingsondersteuning en psigo-maatskaplike dienste aan gesinne. Die minister het bevestig dat ‘n volledige vloedskadebepaling volgende week sal begin:
# Die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, het kerngetuienis gelewer teen Sondolo IT se direkteur, Trevor Mathenjwa, in die Hooggeregshof in Johannesburg. Mathenjwa staan tereg op aanklagte van korrupsie oor beweerde omkoopgeld van 600-duisend-rand van Bosasa om sekuriteit by wyle Dudu Myeni se huis op te gradeer. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê die verdediging het met Agrizzi se kruisondervraging begin. Die saal is tot 7 April verdaag, wanneer sy getuienis sal voortgaan:
# Die DA eis dringende antwoorde oor beweerde mislukkings om president Cyril Ramaphosa se instruksie rakende Iran se deelname aan die Will for Peace 2026-oefening in Kaapstad in te stel. Die DA sê die minister van Verdediging, Angie Motshekga, moet aan die Parlement verantwoording doen oor die ignorering of verwatering van ‘n presidensiële opdrag. Die party waarsku ‘n Ondersoekraad sal slegs verantwoordbaarheid vertraag, en ernstige kommer skep oor burgerlike beheer. Die DA sê die Weermag moet streng grondwetlike dissipline handhaaf, die wet volg en apolities bly, terwyl hy sy mandaat nakom om die land te verdedig.
# Die Britse Koninklike Vloot het Vrydag gesê sy eerste volgrootte outonome helikopter het sy nooiensvlug voltooi. Die vliegtuig genaamd Proteus is ontwerp om duikbote op te spoor en ander hoërisiko-missies uit te voer te midde van toenemende Noord-Atlantiese spanning. Europa se verdedigingsektor is hervorm sedert Rusland se volskaalse inval in Oekraïne in Februarie 2022, met regerings wat besteding aan verdediging verhoog om hul weermag te versterk. Proteus maak staat op sensors en rekenaarstelsels wat deur sagteware aangedryf word wat dit in staat stel om die omgewing te interpreteer en besluite te neem.
# En motorsport: Die vyfmalige Dakar-wenner, Nasser Al Attiyah van Katar, en sy Belgiese navigator Fabian Lurquin is danksy gister se oortuigende oorwinning tydens die voorlaaste skof in Yanbu, Saoedi-Arabië, ‘n stappie nader aan sy sesde Dakar-titel. Hulle is nou 15 minute voor die Spanjaarde Nani Roma en Alex Haro, met Sebastien Loeb en Édouard Boulanger derde. Die Suid-Afrikaners Saood Variawa en Guy Botterill se Toyotas is nou onderskeidelik 11de en 14de, met Brian Baragwanath 16de en Henk Lategan 21ste. Vandag se laaste skof is ‘n kort sirkelroete van 105 kilometer om Yanbu.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….