Nuus 18:00
BULLETIN 16 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Jacob Zuma beweer Sisi Khampepe het ‘n persoonlik wrok teen hom oor sy tronkstraf in 2021
# Dumisani Khumalo ontken daar is met Vusimuzi “Cat” Matlala se fone gepeuter
# En, Cosatu is bekommerd oor die skerp toename in onwettige tabak
# Die voormalige president, Jacob Zuma sê die voorsitter van die Waarheids- en Versoeningskommissie, regter Sisi Khampepe, het ‘n persoonlike wrok teen hom oor sy tronkstraf van 2021. Zuma het saam met die voormalige president, Thabo Mbeki, ‘n aansoek ingedien vir Khampepe se onttrekking as voorsitter van die ondersoek na vertragings met die vervolging van misdade uit die apartheidsera. Zuma se prokureur, Dali Mpofu, voer aan dat Khampepe se vorige rol as ‘n WVK-kommissaris en haar posisie as adjunkdirekteur van openbare vervolging is ‘n botsing van belange:
# Die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, ontken bewerings dat daar gepeuter is aan die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala se fone. Die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, en Matlala self het die Parlement se ad hoc-komitee ingelig oor die bewerings. Khumalo sê digitale forensiese verslae en die chronologiese, gedokumenteerde geskiedenis van bewyse toon geen data is uitgevee nie. Hy het bygevoeg dit sou onwettig wees:
# Cosatu het kommer uitgespreek oor die moontlike verlies van 230 werksgeleenthede indien British American Tobacco South Africa sy fabriek in Heidelberg, Gauteng, teen die einde van die jaar sluit. Die vakverbond waarsku ook teen die skerp styging in onwettige tabak wat nou na raming 75-persent van alle verkope uitmaak. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die land kan nie bekostig om nog werksgeleenthede te verloor terwyl die werkloosheidsyfer reeds gevaarlik hoog is nie:
# ‘n Reeks leerdervervoeroperasies deur die Tshwane-metropolisiedepartement se eenheid vir taxi’s en openbare vervoer het 24 voertuie in die middestad en Mayville geskut. Die voertuie was onpadwaardig en sonder die nodige permitte. Die departement se woordvoerder, Puleng Motholo, sê alle operateurs word gewaarsku dat nakoming van verkeersregulasies verpligtend is en nie ʼn keuse nie:
# Tennis: Die wêreldnommer-twee, Jannik Sinner, sê verlede jaar se opkikkerskandaal het hom sterker en rustiger op die baan gemaak. Hy het ‘n skorsing van drie maande uitgedien vir twee positiewe toetse die vorige jaar, hoewel sy verduideliking aanvaar is dat hy dit nie opsetlik gedoen het nie. Sinner berei voor vir die verdediging van sy Australiese Ope-titel wanneer die jaar se eerste Grand Slam-toernooi Sondag in Melbourne begin. Hy sê vanjaar is minder spannend. Sy eerste teenstander is die Fransman Hugo Gaston.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-41-sent teen die dollar, 19-rand-6-sent teen die euro en 21-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-506-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-602-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 64-dollar-14-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….