Nuus 16:00
BULLETIN 16 Januarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die dodetal in die vloede in Limpopo styg tot 11 en reddingspogings duur voort
# Beduidende brandstofprysverlagings word voorspel in Februarie namate die rand- en oliepryse motoriste bevoordeel
# En rugby: Feinberg-Mngomezulu lei die Stormers in môre se Kampioenebeker-kragmeting
# Die dodetal weens die oorstromings in Limpopo het tot elf gestyg met swaar reën wat steeds dele van die provinsie raak. Die sterftes dateer terug tot verlede maand. Soek- en reddingsoperasies duur voort in gebiede wat die ergste getref is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n rooi vlak tien-waarskuwing uitgereik. Premier Phophi Ramathuba het meegevoel betuig aan die slagoffers se gesinne en waarsku ernstige skade aan paaie belemmer die reaksiepogings:
Intussen is die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, diep bekommerd oor mense wat geraak word deur die voortdurende oorstromings in die Krugerwildtuin. Aucamp sê owerhede monitor die uitwerking op plaaslike gemeenskappe en die natuurlewe, en maatreëls word ingestel om ondersteuning te bied. Hy vra samewerking tussen die park se bestuur, inwoners en regeringsagentskappe om veiligheid te verseker en die uitdagings wat die oorstromings veroorsaak, aan te pak.
# Die Sentrale Energiefonds se middel van die maand-data dui aan Suid-Afrikaanse motoriste kan volgende maand beduidende brandstofprysverlagings verwag. ‘n Sterker rand en laer internasionale oliepryse vuur positiewe herstel aan. Petrolpryse toon ‘n oorverhaling van tussen 77- en 82-sent per liter, terwyl dieselpryse met tot een-rand-twee-sent per liter kan daal. Die Departement van Petroleum en Minerale Hulpbronne sal later die maand die finale pryse bevestig.
# ‘n News24-ondersoek toon dat Suid-Afrika ternouernood ‘n ernstige nasionale veiligheidsbreuk vermy het nadat die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala Nedbank glo probeer oorreed het om ‘n voorgestelde luukse privaat terminaal van 70-miljoen-rand per jaar op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng te ondersteun. Joernalis Jeff Wicks het aan Newzroom Afrika gesê die plan, The Green Lounge, sou versnelde doeane- en eksklusiewe dienste bied en het gevorderde stadiums bereik:
# Rugby: Die Springbok-losskakel, Sacha Feinberg-Mngomezulu, neem die Stormers se kapteinskap oor vir môre se Kampioenebeker-kragmeting met Leicester Tigers op die Kaapstadse stadion. Die gewone kaptein, Salmaan Moerat, is weens ‘n familie-afspraak nie beskikbaar nie, en Warrick Gelant en Damian Willemse is uitgelaat weens harsingskuddingprotokolle, dus lei Feinberg-Mngomezulu die eerste keer die span. Die Stormers sal poog om ‘n plek in die uitklopfases te verseker wanneer die vierde ronde-kragmeting môremiddag kwart-oor-vyf begin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-37-sent teen die dollar, 19-rand-2-sent teen die euro en 21-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-481-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-610-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 64-dollar-18-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….