Nuus 14:00
BULLETIN 12 Januarie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Gwarube prys die uitnemendheid van toppresteerders in 2025 se matriekklas
# Krieket: Die groepfase van die SA20 is verby die halfpadmerk
# En die Weerdiens waarsku oor oorstromings, modderstortings en hittegolwe
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die toppresteerders van 2025 se matriekklas gelukgewens en prys hul akademiese uitnemendheid. Sy het leerders in Johannesburg herinner hierdie mylpaal dui die begin van ‘n nuwe reis aan. Gwarube het leerders aangemoedig om te volhard ondanks toekomstige uitdagings en om hul belangstelling, nederigheid en deursettingsvermoë voort te sit. Sy verwelkom ook die ondersteuning van gesinne wat bygedra het tot hul prestasies:
Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê intussen al dui die matriekslaagsyfer meestal op vordering, weerspieël dit nie die ongelykhede in Suid-Afrika se onderwysstelsel nie. Gwarube maak vanaand die matriekeksamen-uitslag bekend. Makaneta sê baie leerders verlaat skool voor graad 12 terwyl ander vasbyt in oorvol klaskamers en met beperkte ondersteuning:
# Forum for South Africa verdedig president Cyril Ramaphosa se Amerikaanse besoek as ‘n noodsaaklike diplomatieke besoek om nasionale ekonomiese belange te beskerm. Woordvoerder Tebogo Mashilompane sê hoewel erkenning gegee word aan kommer oor Ramaphosa se benadering tot Amerikaanse leierskap, dring FOSA aan op sterker, vasbeslote diplomasie. Hy sê die forum vra duideliker kommunikasie met burgers en leierskap wat Suid-Afrika se soewereiniteit beskerm, en verwerp populistiese aanvalle en swak internasionale verteenwoordiging:
# Krieket: Die SA20 se groepfase het die halfpadmerk verbygesteek, met al die spanne wat nou minstens ses wedstryde gespeel het. Die tweemalige kampioen, Sunrisers Eastern Cape, is tans boaan die punteleer met 19 punte na drie oorwinnings in sewe wedstryde. Hulle word gevolg deur Joburg Super Kings, Pretoria Capitals, Paarl Royals en Durban’s Super Giants. Die verdedigende kampioen, MI Cape Town, is heel onder met slegs tien punte. Pretoria Capitals en MI Cape Town gaan vandag sake uitspook in Centurion.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-42-sent teen die dollar, 19-rand-18-sent teen die euro en 22-rand-9-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 90-duisend-453-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-591-dollar-33-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 62-dollar-71-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik oor swaar stortreën, plaaslike oorstromings, modderstortings en rotsstortings in dele van Limpopo en Mpumalanga. Gemeenskappe word versoek om waaksaam te bly aangesien hierdie toestande ernstige veiligheidsgevare inhou. Die Wes-Kaap en die Oos-Kaap worstel intussen met ‘n hittegolf. Inwoners word aangeraai om voorsorgmaatreëls te tref en ingelig te bly oor ontwikkelende weerstoestande.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….