Nuus 13:00
BULLETIN 10 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Beroep vir fokus op groei en werkgeleenthede vir die jeug tydens die ANC se 8 Januarie-viering
# Die veldbrande in die Kaapse Wynlanddistrik woed steeds
# En Afrika-lugrederye was die voorlopers in wêreldwye lugreise in November
# Die ANC-parlementslid en voorsitter van die Handelsportefeuljekomitee, Mzwandile Masina, het ‘n beroep op ANC-president Cyril Ramaphosa gedoen om ekonomiese groei, verbruikersbesteding en belegging eerste te stel om werkskepping te bevorder. Masina het by die 8 Januarie-viering op die Maruleng-stadion in Noordwes gesê uitvoer-diversifisering, insluitend sterker BRICS- en Afrika-handel, is noodsaaklik te midde van wêreldwye tariefdruk. Hy vra ook vir werklike optrede teen jeugwerkloosheid en die regstelling van plaaslike regering:
# Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, se verbintenis om staatsamptenare se mediese fonds-trustees te betrek oor stygende mediese fonds-bydraes. Claude Naicker van die vereniging sê onlangse verhogings het groot finansiële druk op lede geplaas. Hy sê die vakbond waardeer die minister se tydige ingryping en sal voortgaan om te verseker staatsamptenare hoef nie tussen gesondheidsorg en basiese lewenskoste te kies nie:
# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, sê hy is bekommerd oor die veldbrande wat tans in dele van die Oos-Kaap voortwoed, en in sommige gevalle ook aangrensende gebiede van die Wes-Kaap raak. Die woordvoerder van die premier, Sonwabo Mbananga sê Mabuyane is jammer en spyt oor die wydverspreide vernietiging van eiendom wat deur hierdie brande veroorsaak word, wat aansienlike druk op die betrokke gemeenskappe, boere, sakeondernemings en kritieke infrastruktuur plaas:
Die Brandweerdiens van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap het intussen bevestig dat die brand in Wemmershoek, Franschhoek, steeds woed. Die brand het Woensdag in Langrug uitgebreek. Die munisipaliteit se woordvoerder, Anesca Roodt, sê die brand is steeds hoog in die berge bo Franschhoek, en beweeg stadig afdraand teen die wind, agter die Wemmershoekdam en in die rigting van die Paarl. Sy sê nog ‘n veldbrand het bo St Croix Estates uitgebreek:
# Die Internasionale Lugvervoervereniging se verslae toon Afrika-lugrederye het wêreldwye passasiersprestasie gelei met ‘n aanvraag wat in November 2025, 11,2-persent hoër was. Wêreldwye passasiersaanvraag het in November 2025 op ‘n jaargrondslag met 5,7-persent gestyg. Laai faktore het ‘n rekord 83,7-persent vir die maand bereik. Internasionale reise het met 7,7-persent gegroei, terwyl binnelandse aanvraag met 2,7-persent gestyg het. Die vereniging sê sterk aanvraag duur voort ondanks vliegtuigtekorte, en versoek vervaardigers om die agterstand van meer as 17-duisend vliegtuig-bestellings te verminder.
# En rugby: Die loskopstut Oli Kebble sal môre die 50ste keer vir die Stormers uitdraf in die Kampioenebeker-wedstryd teen die Harlequins in Londen. Daar is vier spelers wat hul Stormers-debuut in die derde ronde op Twickenham Stoop sal maak. Luke Burger op linkervleuel is die enigste debutant in die opdrafspan, met slot Alex Groves, losvoorspeler Wandile Mlaba, en voormalige Bltsbok, Mfundo Ndhlovu wat almal gereed is om hul eerste wedstryde van die plaasvervangersbank af te speel. Damian Willemse sal die span van binne-senter af aanvoer. Die spanne skop om drie uur af.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….