Nuus 09:00
BULLETIN 8 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Shamila Batohi het volle vertroue in haar opvolger
# ‘n Dringende oproep vir waterbesparing met Kaapstad se damvlakke wat verder daal
# En ‘n VN-verslag waarsku teen toenemende rassediskriminasie deur Israel teen Palestyne
# Die uittredende Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, sê sy het volle vertroue in haar opvolger, advokaat Andy Mothibi. Batohi sê sy glo hy is die regte persoon vir die taak is vanweë sy ervaring as hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid. President Cyril Ramaphosa het Mothibi Dinsdag as nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag aangestel. Batohi sê Mothibi se aanstelling volg terwyl die gesag op pad is om hom te herbou, institusionele integriteit te versterk en geregtigheid te bevorder is. Sy sê hy weet hoe om vir die oppergesag van die reg in die land te veg.
# ActionSA sê intussen hy verwag Andy Mothibi se termyn as nasionale direkteur van Openbare Vervolging sal wegbeweeg van die mislukkings en onbevoegdheid wat die Nasionale Vervolgingsgesag kenmerk. Mothibi vervang Shamila Batohi, wat die einde van die maand na sewe jaar in die amp aftree. ActionSA se woordvoerder, Matthew George, sê die ontoereikende raamwerk waarvolgens hoofde van vervolgingsgesag aangestel word, moet hersien word:
# Kaapstad se Direktoraat vir Water en Sanitasie waarsku alle inwoners, sakeondernemings en besoekers om onmiddellik minder water te gebruik. Waterverbruik het die afgelope warm dae skerp toegeneem en damvlakke het gevolglik gedaal tot 19-persent laer as dieselfde tydperk verlede jaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê indien verbruik nie vinnig verminder nie, kan watersekerheid in die komende maande in gedrang kom:
# ‘n Verslag van die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte se kantoor sê Israel skend verpligtings onder internasionale reg in die Wesoewer, en vra lande om rasse-segregasie en apartheid te voorkom en uit te wis. Die verslag beskryf die stelselmatige diskriminasie teen Palestyne in die gebied as ʼn voortgesette probleem. Die Hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, sê diskriminerende praktyke het toegeneem sedert laat 2022 te midde van toenemende geweld, onderdrukking en strafloosheid:
# Sokker: Manchester City het nog ʼn kans verbrou om die Premierliga-leiers, Arsenal, in te haal nadat hulle wedstryd teen Brighton met een-nul gelykop geëindig het. Erling Haaland het sy 150ste City-doel in alle kompetisies behaal terwyl Kaoru Mitoma sy tweede doel van die seisoen aangeteken het om die telling gelykop te maak. Arsenal kan met agt punte voorloop indien hulle Liverpool vandag klop. Intussen het Manchester United se wedstryd teen Burnley met twee-elk gelykop geëindig. Chelsea en Tottenham Hotspur het verloor.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-45 sent teen die dollar, 19-rand-21-sent teen die euro en 22-rand-64 sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 90-duisend-en-654 dollar. Die prys van goud is vier-duisend-469 dollar 25-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 60-dollar-03-sent per-vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….