Nuus 16:00
BULLETIN 7 January 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlementêre ad hoc-komitee moet sy ondersoek na polisie-inmenging teen 20 Februarie afsluit
# Die MK-party bevraagteken Mothibi se aanstelling
# En rugby: ‘n Winterstorm kan Suid-Afrika se spanne laat gly in die naweek se wegwedstryde
# Die Parlementêre ad hoc-komitee na die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings van politieke inmenging in die regstelsel moet sy werk teen 20 Februarie afhandel. Die mondelinge verhore het in November verdaag en ‘n streng sperdatum is gestel nadat die Nasionale Vergadering ‘n verlenging toegestaan het. Die voorsitter, Molapi Soviet Lekganyane, versoek lede om openbare voorleggings ernstig op te neem en sê die Parlement moet luister na burgers se griewe:
# Die MK-party kritiseer die aanstelling van Andy Mothibi as Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging en beskryf dit as polities beplan. Woordvoerder Nhlamulo Ndhlela beweer die tydsberekening is verdag, met verwysing na Mothibi se vorige bevindinge van die Spesiale Ondersoekeenheid wat president Cyril Ramaphosa se neef, Hangwani Maumela, by die Tembisa-hospitaal-korrupsiesaak betrek. Ndhlela beweer die aanstelling is daarop gemik om hom teen vervolging te beskerm. Hy vra dringende inhegtenisnemings, hervormings van die Nasionale Vervolgingsgesag en ‘n hersiening van presidensiële magte in die aanstelling van sleutelposisies.
Intussen is die EFF ook diep bekommerd oor Mothibi se aanstelling en sê foute in die keuringsproses en wetgewende skuiwergate het tot onreëlmatige uitvoerende oordeel gelei. Sinawo Thambo van die party waarsku dat Suid-Afrika gevaar loop van ‘n uitvoerende diktatorskap in belangrike regsaanstellings. Hy sê Mothibi moet bewys dat die NVG onafhanklik sal optree en vervolgings sonder politieke invloed sal uitvoer. Hy sê hulle sal sy ampstermyn beoordeel volgens uitkomste, nie beloftes nie.
# Die Soil of Africa-drukgroep sê hy verwerp wat hy die normalisering noem van graad 1- en 8-leerders in Gauteng wat nie by skole geplaas word nie. Vier-duisend-858 leerders het weens gebrek aan plek en laat aansoeke nog nie plek by ‘n skool nie. Die beweging se voorsitter, Bongani Ramontja, sê die aanlyn stelsel beteken niks as dit nie menslikheid, reaksie en dringendheid toon nie:
# Rugby: Die aankoms van Storm Goretti dra by tot die uitdaging wat Suid-Afrikaanse spanne die naweek in die Noordelike Halfrond kan verwag. Temperature onder vriespunt word reg oor Europa verwag. Die Stormers is op pad na Londen vir Sondag se Kampioenebeker-wedstryd teen Harlequins op Twickenham Stoop. Die Sharks speel in Manchester teen Sale Sharks en die Cheetahs ontmoet Ulster Sondag in ‘n Uitdaagbeker-wedstryd in Amsterdam. Dit is onseker of die wedstryd sal voortgaan weens die ysige toestande.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-42-sent teen die dollar, 19-rand-19-sent teen die euro en 22-rand-16-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-9-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-442-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 60-dollar-33-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….