09:00 Nuus
BULLETIN 7 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus sê die ANC kan nie namens Suid-Afrika praat oor Venezuela nie
# Veertien Suid-Afrikaners wat in ‘n werwingslokval in Thailand vasgevang is, sal vandag gedeporteer word
# En sokker: Ivoorkus en Algerië is deur na die AFCON-kwarteindronde
# Die Vryheidsfront Plus sê die ANC kan nie namens Suid-Afrika praat oor die gebeure in Venezuela of sy buitelandse beleid nie. Die ANC het Amerika se militêre optrede in Venezuela en die gevolglike gevangeneming van Nicolás Maduro en sy vrou skerp veroordeel, en Washington beskuldig dat hy as ‘n selfaangestelde polisieman van die wêreld optree. Die leier van die VF Plus, Corné Mulder, sê die vrye wêreld het ‘n morele verpligting om teen lande met outokratiese regerings op te tree:
# Veertien Suid-Afrikaners wat in Thailand aangehou word nadat hulle verlede jaar vir bedrieglike werksgeleenthede gewerf is, word vandag na Suid-Afrika teruggestuur. Hulle is met beloftes van werk as IT-spesialiste gelok, maar sommige het volgens berigte by swendelary betrokke geraak. Ander is na bewering in die weermag ontplooi te midde van voortgesette konflik in Mianmar. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê hy werk saam met Thaise amptenare om hulle veilig terug te bring. Suid-Afrikaanse owerhede waarsku mense om werksaanbiedinge deur amptelike kanale na te gaan.
# Die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, Solly Mapaila, sê die party is verbind aan eenheid tussen bondgenote, die mense en die helde van die revolusie. Mapila het in Soweto tydens die 31ste jaarlikse herdenking van die vryheidsvegter, Joe Slovo in Soweto, gesê die huidige verdeeldheid binne die alliansie is as gevolg aan die regering se neoliberale agenda. Mapaila het beklemtoon dat die party se optrede daarop gemik is om die beweging te versterk, nie om regeringsposisies te kry nie. Hy het die fokus is op maatskaplike transformasie beklemtoon:
# ActionSA in Gauteng vra die Onderwysdepartement om duidelikheid en tydlyne te verskaf vir die vier-duisend-858 graad 1- en 8-leerders wat nog by skole geplaas moet word. Dis ongeveer 1,5-persent van die 358-duisend-574 aanlyn aansoeke vir die 2026 akademiese jaar. ActionSA-woordvoerder Zwelithini Mtshali sê hulle is bekommerd oor die werking van die departement se aanlyn toelatingstelsel omdat tegnologie nie regverdigheid en gesonde verstand mag oorheers nie:
# Sokker: Ivoorkus se strewe na agtereenvolgende Afrikabeker-titels bly op dreef. Hulle het die kwarteindronde gehaal ná ‘n oortuigende 3-0-sege oor Burkina Faso in Marokko. Manchester United se vleuel, Amad Diallo, het een doel aangeteken en Yan Diomande gehelp met die tweede, terwyl die tiener Bazoumana Toure die derde doel bygedra het. In die ander wedstryd het Adil Boulbina se doel diep in ekstra tyd Algerië se plek in die kwarteindronde bespreek ná ʼn welverdiende 1-0-oorwinning teen die DRK in Rabat.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-35 sent teen die dollar, 19-rand-12-sent teen die euro en 22-rand-8 sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-en-708 dollar. Die prys van goud is vier-duisend-469 dollar 25-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 59-dollar-92-sent per-vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….