Nuus 11:00
BULLETIN 2 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC se prioriteit is om plaaslike regering te versterk en dienslewering te verbeter
# Die EFF is bekommerd oor moontlike waterbesoedeling in Johannesburg
# En, Nicolás Maduro sê hy is gereed vir dialoog met die VSA te midde van toenemende spanning
# Die ANC sê sy prioriteite vanjaar is om plaaslike regering te versterk, dienslewering te verbeter en ekonomiese vooruitgang te omskep in tasbare verbeterings in die daaglikse lewens van Suid-Afrikaners. Dit land berei tans voor vir die plaaslike regeringsverkiesing later vanjaar. Die party sê die ANC se beroep op raadslede in September verlede jaar, was ‘n beslissende ingryping wat die gedaante van plaaslike regering verander het. Hy sê die boodskap van mense is duidelik: die ANC bly hul beweging, maar hy moet beter regeer en mense aanspreeklik hou.
# Die DA versoek ‘n volledige parlementêre inligtingsessie oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se komende multinasionale vlootoefening Will for Peace 2026. Die oefening wat deur China gelei en deelname deur Rusland en Iran sal insluit, behels gesamentlike maritieme veiligheids- en inter-bedryfsoefeninge asook maritieme beskermingsoperasies. Chris Hattingh van die DA sê hulle soek antwoorde oor die doelwitte, koste en implikasies van die vlootoefening:
# Die EFF in Gauteng is ernstig bekommerd oor berigte van moontlike waterbesoedeling in die Stad Johannesburg. Dit volg na Joburg Water se onlangse waarskuwing aan inwoners in dele van die middestad en Bezuidenhoutsvallei om nie kraanwater te drink nie, na klagtes dat die water sleg ruik. EFF-woordvoerder, Dumisani Baleni, sê hoewel Joburg Water vinnig opgetree het deur die spesifieke gebiede te isoleer en toetse uit te voer, is hierdie voorval nie alleenstaande nie:
# Die president van Venezuela Nicolás Maduro sê hy is oop vir gesprekke met die VSA oor dwelmsmokkelary en dwelms. Spanning het die afgelope drie maande ongekende vlakke bereik na Amerikaanse militêre opbou in die Karibiese streek, met meer as 30 aanvalle op skepe wat na bewering dwelms vervoer het. Meer as 110 mense is in die aanvalle dood. In die jongste aanval Woensdag op twee bote is vyf mense dood. Maduro het in ‘n onderhoud met staatstelevisie in Venezuela gesê gesprekke sal ook op migrasie fokus.
# Krieket: Die Australiese kolwer Usman Khawaja het aangekondig hy gaan uittree na die vyfde toets om die As wat Sondag in Sydney begin. In sy loopbaan van 15 jaar het die 39-jarige meer as agtduisend internasionale lopies in verskillende formate aangeteken, en in 87 toetse, 40 eendagwedstryde en nege T20-internasionale wedstryde gespeel. Khawaja, wat sy debuut vir Australië in 2011 gemaak het en die eerste Moslem was om vir die land te speel, sê hy hoop hy het kinders geïnspireer om hul drome te volg:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-53-sent teen die dollar, 19-rand-42-sent teen die euro en 22-rand-27-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 88-duisend-816-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-378-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-20-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….