Nuus 15:00
BULLETIN 30 Desember 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Vusimuzi ‘Cat’ Matlala word oorgeplaas na Suid-Afrika se maksimumsekuriteitsgevangenis
# Die beskuldigdes in Bekkersdal-taverne skietery laat vaar bortogaansoeke
# En, die Padverkeersbestuurskorporasie meld 6 000 arrestasies vir dronkbestuur aan sedert die begin van die feesgety
# Die Departement van Korrektiewe Dienste het die oorplasing van die beweerde misdaadbaas Vusimuzi “Cat” Matlala van die Kgosi Mampuru II Korrektiewe Sentrum na die eBongweni maksimumsekuriteitsgevangenis in Kokstad, KwaZulu-Natal, bevestig. Matlala staan tereg op aanklagte van poging tot moord, sameswering om moord te pleeg en geldwassery. Owerhede sê die skuif verbeter die sekuriteit vir die hoërisiko-gevangene voor sy verhoor in die Johannesburgse Hooggeregshof, wat op 29 Januarie 2026 begin.
# Die saak van die massaskietery in die KwaNoxolo-taverne in Bekkersdal, wes van Gauteng, is in die Westonaria-landdroshof tot 5 Januarie 2026 uitgestel. Vyf van die elf verdagtes het borgtog laat vaar en staan tereg op aanklagte wat die besit van skerp ammunisie, ongelisensieerde vuurwapens en regsverydeling, insluitend. Een beskuldigde het ‘n vorige skuldigbevinding van poging tot moord. Moordklagte sal volg na ‘n uitkenningsparade. Ses ander verdagtes moet nog formeel aangekla word. Mediadekking is beperk hangende ‘n uitkenningsparade.
# Die Padverkeersbestuurskorporasie sê sowat ses-duisend motoriste is in hegtenis geneem vir dronkbestuur sedert die feesseisoen begin het. Die woordvoerder, Simon Zwane waarsku verkeersvolumes sal voor Oujaarsaand ‘n hoogtepunt bereik en daarna wanneer vakansiegangers huis toe reis voordat skole heropen. Owerhede verwag verkeersopeenhopings, veral in die rigting van kusoorde. Hy doen ‘n beroep op motoriste om reistye te verleng en verantwoordelik te bestuur. Hy waarsku teen roekelose verbysteek wat ‘n toename in botsings reg van voor tot gevolg het:
# Brandbestrydingspanne is steeds in ‘n stryd gewikkel met ‘n brand in die Sederberg-streek wat natuurlike plantegroei en landbougrond verwoes het. Die woordvoerder van die Kaapse Wynland-Distriksmunisipaliteit, Jaco Thynsma, sê rook maak dit moeilik om toegang tot die brand, wat oor ‘n afstand van sewe kilometer strek, te verkry. Thynsma waarsku inwoners en besoekers teen voortdurende risiko’s, maar voeg by dat geen strukturele of infrastruktuur tans in gevaar is nie:
# Die Suid-Afrikaanse rand is op koers vir sy sterkste jaarlikse wins sedert 2009, met ‘n styging van 13-persent teenoor die Amerikaanse dollar, Die rand word versterk deur die swakheid van die dollar, politieke bestendigheid en sterk kapitaalinvloei. Volgens Bloomberg het buitelandse beleggers vanjaar ‘n netto 72,4-miljard-rand in plaaslike effekte gekoop, ver bo 2024-vlakke. Laer inflasie, verbeterde groeivooruitsigte en verwagtinge van verdere Amerikaanse rentekoersverlagings ondersteun die vooruitsigte. Daarbenewens het hervormings by Eskom, hawens en spoorweë, tesame met ‘n nuwe inflasieteiken van drie-persent, beleggersvertroue verder versterk.
# Krieket: Die Engelse snelbouler, Jofra Archer is ingesluit in Engeland se voorlopige T20-Wêreldbeker-groep wat vandag aangekondig is. Dit is ten spyte van ‘n onlangse spierbesering aan sy linker sy wat hom uit die laaste twee toetse om die As gehou het. Die toernooi begin op 7 Februarie in Indië en Sri Lanka. Archer sal nie aan die opwarmingstoer van Sri Lanka deelneem nie en sal in Brittanje bly om sy herstel voort te sit. Die 15-man-groep sal deur Harry Brook aangevoer word.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-63-sent teen die dollar, 19-rand-58-sent teen die euro en 22-rand-48-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-812-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-385-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….