Nuus 08:00
BULLETIN 29 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Openbare Beskermer word versoek om voormalige minister George te ondersoek
# Die Grensbestuursowerheid onderskep meer as sesduisend mense by grensposte
# En Keir Starmer word gestriem omdat hy ‘n ekstremistiese aktivis terug verwelkom
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, het ‘n amptelike klag by die Openbare Beskermer ingedien en versoek dat oudminister Dion George, sy destydse waarnemende personeelhoof, Shelton Mollentze, en sy destydse persoonlike assistent, Traverse le Goff, ondersoek word. Dit hou verband met die moontlike misbruik van staatshulpbronne. Die klag volg nadat Aucamp bewus geword het van ʼn ongegronde ondersoek na sy privaat sake. Sy kantoor sê die ondersoek was blykbaar polities gemotiveer en wou hom valslik verbind met die bedryf vir geteelde leeus.
# Die Grensbestuursowerheid sê hy het tot dusver tydens die feestyd meer as ses-duisend-800 individue aangekeer wat probeer het om die land onwettig binne te kom of te verlaat. Die feestydveldtog het 71 grensposte gedek, wat 52 grensposte op land, tien internasionale lughawens en nege seehawens dek. Die owerheid se kommissaris, Michael Masiapato, sê buiten die normale deportasieprosesse, het hulle ook meer 60 mense gearresteer:
# ActionSA in Johannesburg het aan die Gautengse premier, Panayaza Lesufi, geskryf om ‘n ondersoek te eis na die optrede van die stad se burgemeesterskomiteelid vir Openbare Veiligheid, Mgcini Tshwaku. Die party sê die Tshwaku het in die openbaar verklaar en gedemonstreer dat hy met inwoners van gekaapte geboue onderhandel om geboue deur middel van uitvoerende optrede terug te neem. Sarah Wissler van ActionSA sê hierdie optredes vind blykbaar plaas sonder enige raadsgoedgekeurde beleidsraamwerk:
# Die Britse eerste minister, Keir Starmer, loop onder kritiek deur nadat hy die terugkeer van die Britse aktivis, Alaa Abd El-Fattah, gevier het wat in Egipte in aanhouding was. Fattah is in 2021 beskuldig dat hy fopnuus in Egipte versprei het nadat hy ʼn Facebook-plasing oor marteling in die land gedeel het. Vorige inskrywings het sedertdien opgeduik waarin hy vra dat Sioniste doodgemaak word. Die skadu-minister van Justisie, Robert Jenrick, het aan Sky News gesê Keir se ondersteuning aan Fattah toon swak oordeel:
# Krieket: Die hoofkurator van die Melbourne Krieketgrond, Matt Page, het Sondag gesê hy was in ‘n “toestand van skok” toe hy die drama moes aanskou tydens die vierde toets om die As. Die toets van net twee dae het Krieket Australië met ‘n inkomsteverlies van miljoene dollars gelaat. Page en sy span het tien millimeter gras op die kolfblad gelaat, wat vinnige boulers oormatige naatbeweging en wip gegee het, en kolfwerk verraderlik gemaak het. Die wedstryd is op dag twee afgehandel toe Engeland met vier paaltjies gewen het vir hul eerste oorwinning in Australië sedert Januarie 2011.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-65-sent teen die dollar, 19-rand-61-sent teen die euro en 22-rand-49-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-77-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-515-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 60-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….