Nuus 07:00
BULLETIN 29 Desember 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF verwerp Israel se erkenning van Somaliland as ‘n onafhanklike staat
# Die SAKP sê die Amerikaanse weermag in die Midde-Ooste het tot geskiedkundige terugslae gelei
# En gure weersomstandighede beïnvloed Eskom-netwerke landswyd
# Die EFF het by die wêreldgemeenskap aangesluit en Israel se erkenning van Somaliland as ‘n onafhanklike staat verwerp en veroordeel. Die party sê dit is ‘n plan om Somalië te destabiliseer ten einde Israeliese invloed en beheer in strategiese plekke in Afrika en gevolglik ook die Midde-Ooste te bevorder. Die EFF sê Israel is op soek na ‘n nasie waar hy die Palestynse bevolking kan hervestig na sy volksmoord en die onlangse aankondiging van die anneksasie van 19 nuwe nedersettings aan die Wesoewer.
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê die teenwoordigheid van die Amerikaanse weermag in die Midde-Ooste het met tyd historiese terugslae vir die hele streek veroorsaak en die meeste konstante konflikte vererger, insluitend ‘n aktiewe volksmoord in Palestina. SAKP-woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê as die ingryping onverpoosd voortduur, wag dieselfde lot waarskynlik ook op Wes-Afrika en dus die Afrika-vasteland:
# Eskom sê aanhoudende swak weer, wat daagliks deur die feestyd voortduur, het gelei tot ‘n skerp toename in foute in sy voorsieningsgebiede landswyd. Woordvoerder Daphne Mokwena sê hoewel groot ontwrigtings in die Oos-Kaap grootliks aangespreek is, bly KwaZulu-Natal, Limpopo en die Vrystaat erg geraak. Sy sê Eskom-spanne is besig om beskadigde infrastruktuur te herstel ten einde voorsiening aan geaffekteerde gemeenskappe te herstel, insluitend Tzaneen en Mashashane in Limpopo:
# Rugby: Springbok-hulpafrigters Felix Jones en Jerry Flannery, SA Rugby Mobi-Unit-afrigter Duane Vermeulen, en hoof van atletiese prestasie Andy Edwards sal korttermynondersteuning aan die Bulle bied. Die klub probeer om afrigtingsleemtes te vul nadat hulle van hulpafrigters Chris Rossouw en Andries Bekker ontslae geraak het. SA Rugby sê die Bok-afrigters sal op ‘n beperkte basis met die Bulle skakel en nasionale afrigtingshulpbronne deel wanneer versoek. Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die ondersteuning weerspieël die bestaande werksverhouding tussen die Bokke en die konsessies.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-66-sent teen die dollar, 19-rand-63-sent teen die euro en 22-rand-50-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 88-duisend-230-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-498-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 60-dollar-32-sent per vat.
# En ten slotte: Die ANC het hulde gebring aan voormalige adjunkminister van Vervoer en Water en Sanitasie, Dikeledi Magadzi, wat gisteroggend oorlede is. Sy het ook as ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en ‘n LUR in Limpopo gedien, met portefeuljes in Openbare Werke, Landbou, Gesondheid en Veiligheid en Sekuriteit. Die ANC sê Magadzi was ‘n toegewyde leier en ervare kader wat die beweging en die demokratiese staat met toewyding en dissipline gedien het. Hy voeg by dat sy ‘n sterk sin vir openbare diens en revolusionêre toewyding aan elke verantwoordelikheid wat aan haar toevertrou is, gebring het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….