Nuus 07:00
BULLETIN 24 Desember 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Cachalia sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens beleef nie ‘n krisis nie
# Die Mededingingstribunaal keur die skikkingsbevel teen We Buy Cars goed
# En rugby: Siya Kolisi sê dit was moeilik om die Sharks te verlaat
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens is nie in ‘n krisis nie, ten spyte van voortdurende uitdagings. Tydens KwaZulu-Natal se feestydbedrywighede het hy beamptes geprys vir hul daaglikse werk om gemeenskappe te beskerm. Cachalia voeg by die Madlanga-kommissie sal aspekte vir hervorming identifiseer, insluitend doeltreffendheid, bekwaamheid en verantwoordbaarheid. Hy beklemtoon dat Suid-Afrika ‘n grondwetlike polisiediens gebou het, en die kommissie se bevindings sal polisiëring vir die toekoms verder versterk:
# KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi sê hy vermoed eksterne invloede is agter die geskorste polisieminister Senzo Mchunu se ontbindingsbrief oor die taakspan vir politieke moorde. Mkhwanazi het in KwaZulu-Natal die vordering van die Madlanga-kommissie geprys en gesê hy sal gedurende Fase 3 verskyn indien hy ontbied word. Hy het beklemtoon dat opdragte deur behoorlike kanale moet gaan en gewaarsku teen die omseiling van die bevel-orde, wat volgens hom operasionele ontwrigting in polisiëring sal veroorsaak.
# Die Nasionale Verbruikerstribunaal het ‘n skikking tussen die Nasionale Verbruikerskommissie en We Buy Cars bevestig, wat dit ‘n toestemmingsbevel kragtens die Wet op Verbruikersbeskerming maak. ’n Woordvoerder van die tribunaal, Phetho Ntaba sê We Buy Cars sal ‘n boete van 2,5-miljoen-rand betaal en meer as 3,4-miljoen-rand aan 31 klante terugbetaal. Sy sê die maatskappy sal ook sy bepalings en voorwaardes hersien, ‘n klantebewustheidsprogram van stapel stuur en 300 werksgeleenthede oor vyf jaar skep:
# Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi sê dit was ‘n moeilike besluit om die Sharks te verlaat. Vyf jaar nadat hy die Stormers te midde van die ineenstorting van die unie verlaat het, sal die 34-jarige terugkeer na die klub waar hy voorheen naam gemaak het. Die Sharks, wat ‘n bedrag van 17-miljoen-rand betaal het om Kolisi van die Franse klub Racing 92 vry te stel, was huiwerig om so ‘n uiters belangrike speler te verloor, maar omstandighede het blykbaar verander. Kolisi sê hy wil nader aan sy skoolgaande kinders wees:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-66-sent teen die dollar, 19-rand-65-sent teen die euro en 22-rand-51-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-525-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-516-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-84-sent per vat.
# En ten slotte: Die Pan-Suid-Afrikaanse-taalraad, in vennootskap met Focal Points, het “G20” as Suid-Afrika se Woord van die Jaar 2025 aangewys, wat die land se aanbieding van die G20-beraad weerspieël. Die sosialemedia-woord van die jaar is “Valid“, wat gewild is onder Gen Z. Die Suid-Afrikaanse Gebaretaal-teken van die jaar is die SASL-teken vir “Ek is lief vir jou”, wat kulturele en sosiale tendense beklemtoon.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….