Nuus 09:00
BULLETIN 20 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ondersoek na die godsdienssektor kry die wind van voor
# Die veroordeelde moordenaar Donovan Moodley se parool word geweier
# En die DA gryp in om die terugkeer van ’n jong Suid-Afrikaanse kunstenaar te verseker
# Die Artikel 22 ad hoc-komitee sê hy ondervind weerstand van sekere kerkleiers te midde van sy ondersoek na misbruik, skadelike praktyke en swak regulering in die godsdienssektor. Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe het die komitee gestig met die doel om teen die einde van 2026 ‘n gedragskode vir selfregulering saam te stel. Komiteelid John Maloma sê slagoffers wil weet waarom leiers aanspreeklikheid vermy:
# Die Nkabinde-ondersoekpaneel wat die geskorste Gautengse Direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, ondersoek, het ‘n versoek deur die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, verwerp om die opdrag te wysig. Batohi het erken sy het nie president Cyril Ramaphosa se finale bepalings hersien voordat die ondersoek begin het nie. Tembeka Ngcukaitobi, Chauke se prokureur, het aangevoer dit sou onbillik wees om die bepalings nou te verander, en die paneel het saamgestem. Die ondersoek sal voortgaan onder die oorspronklike bepalings en bewerings ondersoek dat Chauke polities gemotiveerde aanklaersbesluite geneem het.
# Donovan Moodley, wat ‘n lewenslange vonnis uitdien vir die moord op die Bond Universiteit-student, Leigh Matthews in 2004, is parool geweier. Matthews is buite die universiteit in Morningside, Sandton, ontvoer en vermoor, ten spyte van losprys van 50-duisend-randwat deur haar familie betaal is. Moodley sal oor die volgende 24 maande korrektiewe programme, terapie en risiko-assesserings ondergaan. Singabakho Nxumalo van die Departement van Korrektiewe Dienste sê parool sal eers oorweeg word wanneer hy ten volle gerehabiliteer is:
# Die DA het ingetree om ‘n jong Suid-Afrikaanse kunstenaar te help wat in Guangzhou, China, gestrand is. Austin Hendricks van Gqeberha in die Oos-Kaap sal na verwagting veilig terugkeer huis toe met reis- en finansiële ondersteuning wat deur die party gekoördineer word. Hulle beplan om ‘n klag teen die betrokke maatskappy in te dien. Retief Odendaal van die DA het jongmense gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle geleenthede in die buiteland aanvaar:
# Sokker: Daar is groot belangstelling in vanjaar se Afrikabekertoernooi in Marokko. Die beheerliggaam, CAF het ‘n rekord van 20 mediaregte-vennootskappe in meer as 30 Europese gebiede aangekondig en sê dit is deel van die strategie om die strekking, sigbaarheid en waarde van die spel in Afrika wêreldwyd te vergroot. Al 52 wedstryde sal gratis in die Verenigde Koninkryk uitgesaai word, terwyl ‘n nuwe ooreenkoms met Movistar in Spanje gesluit is. Die gashere en die Comore-eilande skop môre die toernooi af, terwyl Suid-Afrika Maandag teen Angola speel.
# En ten slotte: Eve, die elektriese vliegtuigeenheid van Embraer, het Vrydag gesê sy volskaalse “vlieënde motor”-prototipe het sy eerste vlug by sy aanleg in Brasilië voltooi. Dit is ‘n belangrike mylpaal vir uiteindelike sertifisering. Eve is een van verskeie maatskappye wat battery-aangedrewe vliegtuie ontwikkel wat vertikaal kan opstyg en land vir kort stedelike ritte. Ontleders beskou hierdie sektor as noodsaaklik vir Embraer se toekomstige groei. Die maatskappy het voor produksie reeds byna drie-duisend vbestellings vir sy elektriese vertikale opstygvliegtuie ontvang, en verwag tipesertifisering, eerste aflewerings en ingebruikneming teen 2027.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….