Nuus 11:00
BULLETIN 14 Desember 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Lamola waarsku teen die Suid-Afrikaanse boikot van G20 in Amerika
# Die Parlementêre Portefeuljekomitee vra die terugtrek van SEB-beleidsvoorstelle
# En in rugby, die Haaie behaal ‘n belangrike Kampioenskapbeker-oorwinning oor Saracens op ‘n nat Kings Park
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê ‘n boikot van die G20 in Amerika sal eensydige besluitneming net aanmoedig. Lamola het aan SABC News gesê Washington het vanjaar reeds verskeie eensydige handelsbesluite geneem en uit mulitlaterale platforms onttrek. Hy sê Suid-Afrika en die meeste G20-lede ondersteun betrokkenheid, nie afsondering nie. Hy het Suid-Afrika se rol as ‘n stigterslid van die G20 beklemtoon:
# Die voorsitter van die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Khusela Sangoni Diko, het gevra vir die onmiddellike onttrekking van beleidsvoorstelle deur die minister van Kommunikasie, Solly Malatsi, aan OKOSA oor Breedgebaseerde Swart- Ekonomiese Bemagtiging. Diko het aan SABC News gesê die voorstelle is onwelkom, onwettig en ‘n poging om die wettige 30-persent eienaarskap van histories benadeelde groepe te omseil. Sy hou vol transformasie is ononderhandelbaar en die parlement moet in 2026 nakoming toepas:
# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Sport, Kuns en Kultuur, Joe McGluwa, sê die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging moet voor die komitee verskyn vir toesig oor salaris- en operasionele inligting. Die Inligtingsreguleerder sê geen entiteit kan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting gebruik om aanspreeklikheid te vermy nie. McGluwa sê dis die Parlement se grondwetlike plig om toesig te hou oor alle organisasies wat openbare fondse ontvang, en dring daarop aan dat SAFA volle deursigtigheid bied:
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het die Konsep Hersiene Witskrif oor Burgerskap, Immigrasie en Vlugtelingbeskerming tot 31 Januarie 2026 vir openbare kommentaar beskikbaar gestel. Die hersiene beleid stel groot hervormings voor aan burgerskap, immigrasie, vlugtelingbestuur en burgerlike registrasie. Belangrike veranderinge sluit in meriete-gebaseerde naturalisasie, nuwe visumkategorieë, die Eerste Veilige Land-beginsel vir asiel, en ‘n verskuiwing na ‘n Digitaal-intelligente Bevolkingsregister. Openbare konsultasies sal in Januarie in alle provinsies plaasvind.
# Gevegte tussen Thaise en Kambodjaanse magte het gister voortgeduur ure nadat president Donald Trump gesê het die twee lande het op ‘n skietstilstand ooreengekom. Die Thaise premier, Anutin Charnvirakul, sê hy het vir Trump gesê ‘n skietstilstand sal slegs moontlik wees nadat Kambodja al sy magte onttrek en landmyne verwyder het. Beide kante het berig dat bom- en artillerie-aanvalle oor die grens voortgesit word. Ten minste 21 mense is in die hernude gevegte dood en 700-duisend is aan beide kante ontruim. Trump het vroeër gesê dat hy die gevegte met ‘n telefoonoproep kan staak.
# En ten slotte rugby: Die Haaie kan hulle drie Springbok-agterspelers bedank vir hul naelskaapse, maar welkome oorwinning van 28-23 oor Saracens in Saterdag se Kampioenebeker-wedstryd op ‘n sopnat Kings Park in Durban. Siya Kolisi, Aphelele Fassi, Edwill van der Merwe en Grant Williams het vir die Haaie drieë gedruk met George Whitehead wat al vier verdoel het. Saracens se drie drieë is gedruk deur Theo Dan, Dan Spink en Angus Hall, met Fergus Burke wat ‘n doelskop en twee strafskoppe bygevoeg het. Die oorwinning is ‘n hupstoot vir die Haaie na verlede week se pak slae in Toulouse en gee hulle vyf broodnodige punte op die punteleer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….