Nuus 11:00
BULLETIN 12 Desember 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid verander nie die ANC se langtermyndoelwitte nie
# ActionSA sê Andrea Johnson is nie geskik om die Nasionale Vervolgingsgesag te lei nie
# En krieket: Die Protea-vroue hoop om voort te bou op hulle T20-reeksoorwinning in die eendagwedstryde teen Ierland
# President Cyril Ramaphosa het gewaarsku elemente in die regering van nasionale eenheid probeer om Suid-Afrika se hervormingsagenda te verswak. Dit volg op die DA wat ‘n punt daarvan maak om hof toe te gaan oor beleidsrigtings waarmee hulle nie saamstem nie, insluitend die Nasionale Gesondheidsversekering-finansieringsplan en swart bemagtiging. Ramaphosa sê die regering is ‘n taktiese ingreep wat nie die ANC se langtermynstrategie vir fundamentele hervorming verander nie:
# ActionSA sê advokaat Andrea Johnson is nie die geskikte kandidaat as Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging nie. Sy is een van ses kandidate op die kortlys. Woordvoerder Matthew George sê Johnson se swak optrede voor onderhoudvoerders en die Parlement se ad hoc-komitee, en haar opmerkings aan aanklaers om te “maak of hulle kan totdat hulle kan”, het ernstige vrae oor haar geskiktheid laat ontstaan:
# Die Grensbestuursowerheid het hierdie week twee belangrike onderskeppings op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng gemaak. Veertien Ethiopiese burgers is met aankoms onderskep nadat ‘n ontleding van passasierbesonderhede hul bewegingspatroon as verdag uitgewys het. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê in nog ‘n voorval is 16 mans van Bangladesj ook onderskep nadat hulle gister by die lughawe aangekom het:
Nuus uit die buiteland:
# Amnestie Internasionaal sê twee maande na die skietstilstand aangekondig is, gaan Israeliese owerhede steeds voort met volksmoord teen Palestyne in die besette Gaza-strook. Minstens 370 mense, insluitend 140 kinders, is in Israelse aanvalle dood sedert die skietstilstand op 9 Oktober afgekondig is. Amnestie Internasionaal sê Israel se optrede teen Palestyne in Gaza vind plaas in die verband van straffeloosheid vir sy voortdurende misdade teen die mensdom. Hy sê blywende vrede in Israel en Gaza benodig internasionale geregtigheid vir slagoffers van alle misdade.
# Krieket: Die Protea-vroue se kaptein, Laura Wolvaardt, sê hulle hoop om voort te bou op die T20-reeksoorwinning oor Ierland wanneer hulle môre die eerste van drie eendagwedstryde speel. Suid-Afrika het oortuigende oorwinnings in die eerste twee T20s behaal voor die laaste een uitgereën het. Môre se kragmeting in Oos-Londen sal die Proteas se eerste in die formaat wees sedert hulle nederlaag teen Indië in verlede maand se Wêreldbeker-eindstryd. Wolvaardt verwag Ierland sal sterk terugveg en besef hulle sal hul beste moet gee.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-84-sent teen die dollar, 19-rand-77-sent teen die euro en 22-rand-54-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-519-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-287-dollar-21-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 61-dollar-45-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….