Nuus 17:00
BULLETIN 10 Desember 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Wes-Kaapse direkteur van Openbare Vervolging, Nicolette Bell is vol vertroue sy kan die NVG lei
# Die Kommissie vir geslagsgelykheid sê tienerswangerskap is ’n nasionale krisis
# En, die VN-menseregtekantoor probeer om te oorleef te midde van groot befondsingskortings
Die Direkteur van Openbare Vervolging in die Wes-Kaap, Nicolette Bell, sê sy is gereed om die Nasionale Vervolgingsgesag landswyd te lei. Sy het vrae beantwoord tydens haar onderhoud om die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, volgende jaar op te volg. Bell het verwys na haar ervaring met oorgangstye in die NPA en die bestuur van ingewikkelde misdaadafdelings. Sy het beskou veerkragtigheid en openbare vertroue as sleutel tot haar leierskap:
# Die Kommissie vir Geslagsgelykheid sê tienerswangerskappe is een van Suid-Afrika se grootste geslags- en ontwikkelingsprobleme. In 2024 is meer as 90-duisend swangerskappe onder meisies tussen 10 en 19 aangemeld. Hiervan was twee-duisend-328 meisies tussen 10 en 14 jaar oud. Die kommissie se woordvoerder, Javu Baloyi, sê voldoende maatreëls is nodig om tienerswangerskappe te voorkom, te hanteer en daarop te reageer:
# Die VN se hoof van Menseregte, Volker Türk, sê sy kantoor probeer oorleef ná groot wêreldwye befondsingsbesnoeiings deur skenkers, te midde van toenemende menseregteskendings in konflikgeteisterde gebiede . Die VN het vanjaar 1,5-miljard-rand minder in befondsing as wat benodig word. Hierdie besnoeiings het tot ‘n verlies van nagenoeg 300 poste gelei watt die kantoor se werk regstreeks beïnvloed. Türk sê noodsaaklike werk moes gesny word, met minder landsbesoeke deur spesiale rapporteurs van die Verenigde Nasies en ondersoeke deur feitesendings. Dialoë met state oor die nakoming van VN-menseregte is ook uitgestel.
# Krieket: Nieu-Seeland het die Windies vir 205 uitgeboul op die eerste dag van die tweede toets in Wellington. Brandon King en Kavem Hodge het ‘n aanvangsvennootskap van 66 lopies gebou voor die paaltjies begin kantel het, en die besoekers het hulle laaste vyf paaltjies vir net 52 lopies verloor. Blair Tickner het vier paaltjies geneem voor hy afgedra is met ‘n vermeende ontwrigte skouer. Die eerste toets in Christchurch het onbeslis geëindig en die laaste een begin volgende Donderdag in Mount Maunganui.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-2-sent teen die dollar, 19-rand-81-sent teen die euro en 22-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-032-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-198-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 62-dollar-97-sent per vat.
# En laastens, ‘n matriekleerder van Kingswood College in die Oos-Kaap het 35-duisend-rand ingesamel om te help met die opknapping van ‘n kinderhuis in Makhanda. Volgens News24 het Joanna du Toit die geld deur haar klein blommebesigheid ingesamel en dit gebruik om plafonne by die Home of Joy reg te maak, deure en vensters te vervang, die gebou oor te verf en Kersgeskenke vir die kinders te koop. Vir haar gemeenskapswerk het sy die Neil Aggett-toekenning ontvang. Du Toit sê sy beplan om die tehuis volgende jaar nog te ondersteun terwyl sy aan die Universiteit Stellenbosch studeer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….