Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 08 Desember 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die ANC probeer vure doodslaan oor president Cyril Ramaphosa se posisie in die party en doen ‘n beroep op eenheid op die vooraand van die Nasionale Algemene Raadsvergadering. Kwessies soos spanning oor die RNE en die ANC se alliansievenote moet op die spits gedryf word.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig ‘n 64-jarige oudonderwyser, Karin van Aardt is met ‘n mes doodgesteek nadat sy en haar man skynbaar deur hul Garmin op ‘n gevaarlike roete van die Kaapstad-lughawe na Vredenburg begelei is. Die Van Aardts het tans in Mbombela gewoon.
Tweedens skryf die webblad die soektog word voortgesit na ‘n onbekende man wat in die Kowierivier by Port Alfred vermis geraak het.
En laastens is daar nuus oor die sanger Adam Tas se geliefde kitaar wat hy teruggevind het. Die instrument is vroeër saam met sy bakkie in Pretoria gesteel.
GAUTENG:
# Sowetan:
Berig ‘n oorlewende van die taverne-slagting in Atteridgeville in Pretoria die naweek sê vier van sy familielede insluitend ‘n driejarige is vermoor. Die dodetal het intussen tot 12 gestyg en die polisie is op soek na drie verdagtes.
# En The Citizen:
Skryf diegene wat die vermoorde fluitjieblaser, Marius van der Merwe, geken het sê dis nie waar dat hy beskerming geweier het nie. Hulle sê die polisie het nie beskerming verskaf nie.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig ook oor die moord op Karin van Aardt.
Tweedens skryf die koerant, ‘n pa en dogter van Limpopo wat in Knysna vakansie hou is Saterdag by Brenton-on-Sea uit die see gered.
En laastens is daar nuus oor 17,4-miljoen-rand se onwettige sigarette wat in 12 watertenks ontdek is.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig ‘n satelliet gaan voortaan ingespan word om die kommunikasie van die ambulansdiens in die Baai te verbeter.
En tweedens skryf die koerant oor die hartseer nadat die 17-jarige Kungawo Booi van die Westering High School tydens ‘n rugbyoefening oorlede is.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf oor die probleme wat die Inkatha Vryheidsparty moet oplos om die regering van provinsiale eenheid in KwaZulu-Natal te red.
En tweedens berig die koerant oor die laaste woorde van die vermoorde Mandlanga-getuie, Vlam van der Merwe aan sy vrou.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die omstrede pastoor wat drie jaar gelede van die beweerde verkragting van ‘n gemeentelid aangekla is, pastoor Collin Cloete, word dié keer beskuldig dat offerandes in sy eie sak beland.
Dan skryf die koerant die herstel van vervalle lughawens soos die op Katima Mulilo hang af van verkrygings- en befondsingsprosesse.
En laastens is daar nuus oor Kersvader wat in Swakopmund geskenke uitdeel vir kwesbare kinders.