Nuus 11:00
BULLETIN 4 December 11 vm
Goeiemôre/Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake sê Suid-Afrika se G20-presidentskap is met vermakerigheid en verdeling aangebied
# Suid-Afrika stem vir ‘n VN-voorstel dat Rusland dadelik Oekraïnse kinders moet terugbesorg
# En rugby: Dan Carter is opgewonde oor ‘n moontlike kragmeting tussen die All Blacks en die Springbokke in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbekertoernooi
# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê Suid-Afrika se G20-presidentskap is met vermakerigheid, verdeling en radikale agendas aangebied wat nie ekonomiese groei kon skep nie. Hy het bevestig dat Suid-Afrika nie tydens Amerika se presidentskap genooi sal word om deel te neem nie. Rubio beskuldig die ANC-geleide regering van rassisme teen Afrikaners en dat hy geweld teenoor dié groep verdra. Hy sê die regering kies politieke griewe bo ekonomiese beleid. Rubio sê Suid-Afrika kan na die G20 terugkeer wanneer hy gereed is vir ware hervorming.
Suid-Afrika het intussen gestem ten gunste van ‘n konsepvoorstel van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering wat eis dat Rusland dadelik die veilige en onvoorwaardelike terugkeer van alle Oekraïnse kinders verseker. Een-en-negentig lande het gestem ten gunste van die voorstel, 12 daarteen, insluitend Rusland, Soedan en Iran, en 57 het buite stemming gebly. Moskou het sedert Februarie 2022 minstens 20-duisend Oekraïnse kinders ontvoer. Oekraïne se minister van Buitelandse Sake, Mariana Betsa, sê Rusland het kinders die kwesbaarste teiken van aggressie gemaak:
# Die Momentum-versekeringsmaatskappy moedig Suid-Afrikaners ten sterkste aan om gedurende die feestyd meer versigtig geld uit te gee om finansiële druk volgende maand te vermy. Therèse Havenga van Momentum sê Desember-feesvieringe lei dikwels tot oorbesteding, wat gesinne laat sukkel wanneer skoolgeld, debietorders en stygende koste die begin van die nuwe jaar moeilik maak. Sy raai die publiek aan om perke op geskenke en uitstappies te stel, ‘n gedeelte van bonusse te spaar, en betekenisvolle, laekoste-tradisies te kies.
# Die ANC in Gauteng se taakspan-organiseerder, Panyaza Lesufi, het lede in Johannesburg aangemoedig om aan die party se toekoms te dink wanneer hulle voorberei om nuwe leiers te kies. Die 16de steekverkiesingkonferensie het gister in Sandton begin. Die uittredende streekvoorsitter, Dada Morero, staan vir herverkiesing, maar het ‘n sterk teenstander, Loyiso Masuku. Lesufi sê die ANC het nuwe leiers nodig met vars idees, strategieë en programme om die omstandighede van inwoners te verbeter:
# Rugby: Die legendariese All Black-losskakel Dan Carter is opgewonde oor die moontlikheid dat Nieu-Seeland en Suid-Afrika mekaar kan raakloop in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbekertoernooi. Die Springbokke, die tweemalige verdedigende kampioen, speel in Groep B teen Italië, Georgië en Roemenië. Die All Blacks is in Groep A saam met die gasheerspan, Australië, en Chili en Hongkong China. Carter, ‘n dubbele Wêreldbeker-wenner, sê dit maak nie saak teen wie jy speel wanneer jy die uitklopfase bereik nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-5-sent teen die dollar, 19-rand-88-sent teen die euro en 22-rand-74-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 93-duisend-137-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-189-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 62-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….