Nuus 06:00
BULLETIN 4 Desember 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Internasionale Betrekkinge sê Suid-Afrika se uitsluiting uit die G20-sjerpasvergadering is ‘n skending van protokol
# ’n Forum sê die Madlanga-kommissie moet gerespekteer word
# En krieket: Die Proteas klop Indië om die eendagreeks gelyk te maak
# Die direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Zane Dangor, sê die VSA se besluit om Suid-Afrika nie na die eerste vergadering van die G20-sjerpas te nooi nie, is ‘n oortreding van protokol. Die VSA het Maandag amptelik die G20-presidentskap van Suid-Afrika oorgeneem. Dangor het aan die Parlement gesê hulle het by sjerpas van ander lidlande gehoor van die vergadering wat later vandeesmaand in Washington plaasvind. Die lande het hul afkeuring uitgespreek het oor die uitsluiting van Suid-Afrika:
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, se regspan het die Nkabinde-ondersoek gevra om sy opdrag uit te brei en ‘n aanklag van wangedrag in te sluit. Die ondersoek, gelei deur afgetrede regter Bess Nkabinde, beoordeel die geskiktheid van die geskorste Gautengse Direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke. Hy is in Julie geskors nadat Batohi ‘n klag by president Cyril Ramaphosa ingedien het. Nkabinde sê enige veranderinge aan die bepalings moet met die Presidensie bespreek word:
# Die Activists and Citizens Forum het die oneerbiedige en arrogante gedrag van die afgetrede Ekurhuleni-stadsbestuurder, Imogen Mashazi by die Madlanga-kommissie veroordeel. Mashazi het voor die kommissie verskyn oor bewerings dat sy die voormalige waarnemende hoof van die Ekurhuleni-metropolisiedepartement, Julius Mkhwanazi, beskerm het. Mkhwanazi het na bewering sake gedoen met die kriminele verdagte Vusimuzi “Cat” Matlala. Dennis Bloem van die Forum het die voorsitter van die kommissie, Mbuyiseli Madlanga, versoek om dit duidelik te maak dat sulke gedrag nie geduld sal word nie:
# ActionSA sê die DA gebruik ‘n forensiese verslag verkeerdelik om Tshwane se adjunkburgemeester, Eugene Modise, van bedrog te beskuldig. Volgens die party het die verslag, wat verlede week in die raad ter tafel gelê is, geen bevindinge van korrupsie of bedrog gemaak nie. Michael Beaumont van ActionSA sê die DA se kriminele aanklagte is ‘n politieke foefie. Beaumont waarsku inwoners dat aanspreeklikheid behoorlike regs- en raadstappe moet volg, nie politieke truuks nie:
# Somaliërs het Woensdag met verontwaardiging reageer op Donald Trump se neerhalende opmerkings oor die land en sy mense. Trump het Dinsdag tydens ‘n kabinetsvergadering Somaliërs as “vullis” beskryf en gesê “ons wil hulle nie in ons land hê nie”. Abdisalan Omar, ‘n gesiene inwoner in sentraal-Somalië, het gesê ‘n president wat so praat, kan nie die VSA en die wêreld dien nie. Trump het aanvalle op Somaliërs in die VSA verskerp nadat twee soldate van die Nasionale Wag verlede week in Washington geskiet is. Trump het daarna belowe om migrasie uit “derdewêreldlande” te stop.
# Krieket: Suid-Afrika het Indië met vier paaltjies in die tweede eendagwedstryd in Raipur verslaan om die reeks van drie wedstryde met 1-1 gelyk te maak. Virat Kohli het 102 lopies aangeteken en sy 53ste eendag-honderdtal behaal, terwyl Ruturaj Gaikwad 105 lopies aangeteken het, vir sy eerste honderdtal in hierdie formaat. Indië het ‘n reusetotaal van 358 vir vyf lopies aangeteken. In antwoord het Aiden Markram 110 lopies aangeteken en sy eerste eendag-honderdtal behaal. Die Proteas het die teiken bereik met vier balle oor. Die laaste wedstryd is Sondag in Visakhapatnam.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-1-sent teen die dollar, 19-rand-86-sent teen die euro en 22-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 93-duisend-817-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-206-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 62-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….