Krieket: Slegs ses Wêreldbeker-groeplede word vir Windies-toer behou
# Krieket: Slegs ses spelers van Engeland se Wêreldbeker-groep sal die land in volgende maande se eendagreeks teen die Windies in die Karibiese Eilande verteenwoordig. Jos Buttler behou die kapteinskap ondanks die feit dat die verdedigende kampioene nie die halfeindrondes kon bereik nie. Joe Root, Jonny Bairstow en Mark Wood kry ʼn blaaskans voor die begin van die toetsreeks teen Indië in Januarie, terwyl die toetskaptein, Ben Stokes, ʼn operasie ondergaan vir ʼn knie wat hom al lank reeds pla. Die eendagreeks van drie wedstryde teen die Windies word opgevolg met vyf T20’s.