Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 18 November 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê G20-konsensus sal makliker bereik word met die VSA se afwesigheid.
# En die Netwerk24-webblad:
Bespiegel eerstens oor ‘n nuwe liefde in Siya Kolisi se lewe. Sy Rachel John, ‘n Nederlandse model en skrywer wat in Jeffreysbaai woon.
Dan word berig ‘n kuberkundige van die Valke, brigadier Janine Steynberg het in die verhoor van Duduzile Zuma-Sabudla getuig dat sy definitief geweld aangespoor het tydens die Julie 2021 onluste.
En laastens skryf die webblad Frankryk sal Suid-Afrika se G20-verklaring ondersteun.
GAUTENG:
# The Star:
Skryf die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie sê dit sal ‘n groot fout wees om president Cyril Ramaphosa nou te vervang. Hy het gesê bloot in die lig van die huidige ekonomiese herstel sal dit die verkeerde stap wees.
En tweedens word berig die voorkoms van boelie-voorvalle by Gautengse skole is besig om te styg.
# Sowetan:
Berig talle munisipale snelvervoer-busprojekte soos Rea Vaya in Johannesburg, kan moontlik gekanselleer word aangesien Tesourie beplan om die toelaes aan die dienste te sny. Die koerant skryf munisipaliteite is in 2016 reeds gewaarsku om hul passasiersgetalle na 100-duisend per dag op te stoot om lewensvatbaar te bly.
# En The Citizen:
Skryf die Suid-Afrikaanse Vloot het gewaarsku dat die land se kuslyn onbewaak lê. Visvangroetes en energieprojekte het geen beskerming teen sindikate nie.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig die Hooggeregshof in Kaapstad het die dokter wat die moordbeskuldigde, Zurenah Smit behandel, geroep om te getuig. Smit was gister glo te siek om in die hof te verskyn.
En tweedens skryf die koerant een van die ysterman-sterftes in Mosselbaai is geïdentifiseer. Hy was die 29-jarige Martin Pretorius van Jeffreysbaai.
OOS-KAAP:
# The Herald in Nelson Mandelabaai:
Berig ‘n polisiesersant het bedank voordat hy by ‘n ANC-komitee aangesluit het.
En skryf die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, besoek tans talle skole in die Oos-Kaap wat ernstige probleme ondervind.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf die Inligtingsreguleerder het die Inkomstediens opdrag gegee om oudpresident Jacob Zuma se belastingsake te openbaar. Die diens is gekritiseer oor sy beweerde sagte hantering van Zuma.
En tweedens word berig daar word ondersoek ingestel by die plaaslike watersuiweringsaanleg na kommer oor moontlike besmetting.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die kantoor van die ombud waarsku teen aanlyn stamgebonde en diskriminerende aanvalle.
Dan skryf die koerant die eens florerende Witvlei-abattoir is ‘n dormante leë dop. Die adjunkminister van Landbou, Ruth Masake sê daar word opnuut gesoek na beleggers.
En laastens is daar nuus oor ‘n 82-jarige bejaarde wat 10 km stap om geld vir ‘n rehabilitasiesentrum in te samel.