Nuus 13:00
BULLETIN 16 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC sê die DA se beswaar teen swart ekonomiese bemagtiging is gebaseer op vals inligting
# Adjunkminister Mahlobo dring aan dat burgers openbare bates moet beskerm
# En Rugby: Oorwinnings vir Frankryk, Ierland en Wallis, maar Engeland skok Nieu-Seeland
# Die voorsitter van die ANC se nasionale uitvoerende komitee vir ekonomiese transformasie, Zuko Godlimpi, sê die DA se beswaar teen swartbemagtiging is gebaseer op vals inligting. Godlimpi het gister tydens die vergadering van die nasionale uitvoerende komitee in Ekurhuleni gepraat. Hy het reageer op onlangse druk deur die DA om swart ekonomiese bemagtiging te vervang met sy eie Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal:
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, het ‘n ferm waarskuwing gerig teen vandalisme, onwettige verbindings en kriminele dade wat teen die waterinfrastruktuur gemik is. Hy het inwoners aangespoor om openbare bates te beskerm en oortredings by die polisie aan te meld. Mahlobo sê die departement is vasberade en toegewyd om die vootslepende water- en sanitasie-uitdagings landswyd aan te spreek:
# Die GOOD-party vra die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om toesig oor en regulering van die aanlyn dobbelbedryf te verhoog. Die party sê volgens die jongste jaarverslag van die Nasionale Dobbelraad is die waarde van die dobbelbedryf ‘n reuse-75-miljard-rand in die 2024/2025-boekjaar. Sarah Mabotsa sê GOOD ondersteun die instelling van voorgestelde regulasies, soos reeds aangeneem deur lande soos Australië, Brittanje en Finland, wat ‘n afname in onwettige dobbelverkeer bereik het:
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, en adjunkminister Mkhuleko Hlengwa, is albei diep bekommerd oor die volgehoue toename in padsterftes weens botsings waarby openbare vervoer betrokke is. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê hulle het kommer uitgespreek ná ‘n ernstige botsing gister tussen ‘n vragmotor en ‘n bus tussen Bloemfontein en Botshabelo, waarin tien mense dood en minstens ses ernstig beseer is:
# Oekraïne wil planne hervat om gevangenes met Rusland uit te ruil en hoop een-duisend-200 Oekraïners sal vrygelaat word. Volgens president Volodymyr Zelensky word baie gesprekke tans hieraan gewy. Sy veiligheidshoof, Rustem Umerov, het Saterdag gesê hy het in Turkye en die Verenigde Arabiese Emirate gesprek gevoer, met ondersteuning van Kiëf se vennote. Umerov sê die partye het ooreengekom om terug te keer na die Istanbul-ooreenkomste. Die ooreenkomste is gevangene-uitruilooreenkomste wat in 2022 met Turkse bemiddeling gesluit is, met reëls vir groot, gekoördineerde uitruilings tussen Rusland en Oekraïne.
# Rugby: Die internasionale rugbywedstryde Saterdag het nie net nog ‘n 14-man oorwinning vir die Springbokke ingesluit nie, daar was vier ander naelbytwedstryde ook. Die Franse span het ná verlede naweek se dramatiese verlies teen die Bokke, ‘n 34-21 oorwinning oor Fidji behaal, terwyl die Ierse mans die Australiërs met 46-19 verpletter het. Wallis het in die doodsnikke van die wedstryd ‘n oorwinning van 24-13 oor Japan behaal, met Engeland wat Nieu-Seeland met 33-19 geklop het, in wat baie as ‘n skoknederlaag beskryf. Die laaste wedstryd hierdie naweek vind vanmiddag tussen Skotland en Argentinië plaas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….