Nuus 17:00
BULLETIN 14 November 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Leon Schreiber bevestig die Palestynse reisigers wil nie aansoek doen om asiel nie
# Die Vryheidsfront Plus ondersteun die mosie van wantroue teen Lesufi
# En, drie mense is gewond in ‘n skietvoorval in Westbury
# Die Departement van Binnelandse Sake sê die 153 Palestynse reisigers wat gister op die OR Tambo-lughawe in Gauteng aangeland het, is aanvanklik vertraag weens ‘n gebrek aan vertrek-stempels, retoerkaartjies en verblyf-besonderhede. Minister Leon Schreiber sê daar is ook bevestig hulle wil nie aansoek doen om asiel nie. Hy sê almal is die standaard visum-vrystellingings-toegang van 90-dae toegestaan, terwyl 23 reeds weer vertrek het na ander bestemmings:
# Die Vryheidsfront Plus het die mosie van wantroue teen die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, ondersteun, nadat die Openbare Beskermer sy polisiëringsprojek ongrondwetlik bevind het, in teenstelling met sy vroeëre versekerings. Anton Alberts van die VF Plus sê alhoewel die party kennis geneem het van Gauteng se geskiedenis van wanadministrasie, bevraagteken hy ook die DA se logika om ‘n mosie in te dien wat hynie kon wen nie, veral nadat hy Lesufi se 2024-benoeming ondersteun het. Hy sê die party sal sy toesighoudende rol voortsit om die inwoners vn Gauteng te beskerm:
# Twee volwassenes en ‘n jaar-oue baba is in Westbury, Johannesburg, geskiet nadat gewapende mans ‘n man agternagesit het wat by die slagoffers se huis ingehardloop het. Al die slagoffers is in ‘n ernstige maar bestendige toestand in die hospitaal. Die Gautengse polisiewoordvoerder Mavela Masondo het bevestig ‘n soektog is aan die gang met ‘n saak van poging tot moord wat geopen is. Verlede maand is twee tieners doodgeskiet en vyf gewond in ‘n bendeverwante voorval in die gebied. Vier verdagtes is sedertdien in hegtenis geneem.
# Die Amerikaanse Departement van Justisie dagvaar die staat Kalifornië oor die Demokrate se nuwe kongreskaart wat kiesers verlede week oorweldigend goedgekeur het. Voorstel 50 is ‘n grondwetlike wysiging wat die kongresgrense aanpas om Demokrate ‘n kans te gee om vyf setels wat nou aan Republikeine behoort, af te neem in volgende jaar se middeltermynverkiesing. Prokureur-generaal Pam Bondi het aan Fox News gesê Kaliforniese Demokrate het met die voorgestelde nuwe kaart ras in ag geneem om Spaans-sprekende kiesers te bevoordeel:
# Sokker: Turkye se beheerliggaam het 102 spelers van topvlak-klubs tydelik geskors oor ‘n verergerende weddenskap-skandaal. Vyf-en-twintig spelers van die Super Lig en 77 van die tweedevlak-afdeling is geskors vir tydperke van tussen 45-dae tot ‘n jaar. Meer as ‘n duisend spelers is na die federasie se beroeps-dissiplinêre raad verwys in die voortgesette ondersoek. Die ondersoek het reeds onthul dat 142 skeidsregters weddenskappe geplaas het op meer as ‘n duisend wedstryde.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-16-sent teen die dollar, 19-rand-99-sent teen die euro en 22-rand-59-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-778-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-70-dollar-89-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-56-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….