Nuus 06:00
BULLETIN 14 November 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê die G20 het infrastruktuur sentraal gestel in ekonomiese vooruitgang
# Solidariteit neem die Johannesburgse metro hof toe oor die verwydering van hul banier
# En Olimpiese Spele: Suid-Afrika wil die Olimpiese en Paralimpiese Spele aanbied
# Met Suid-Afrika wat voorberei om die G20-leiersberaad aan te bied, het president Cyril Ramaphosa die werk van die G20-werkgroep vir Ramprisikovermindering geprys. Die groep ondersteun G20-lande om nasionale beleid te ontwikkel en toe te pas wat risiko verminder, veerkragtigheid teen toekomstige voorvalle bou en ramprisikovermindering by internasionale finansiële instellings bevorder. Ramaphosa sê Suid-Afrika plaas deur die werk van die groep infrastruktuur as die belangrikste aspek van ekonomiese vooruitgang en menslike ontwikkeling.
# Die ekonoom, Dawie Roodt, sê die rand presteer goed en het Donderdag vir die eerste keer sedert vroeg in 2023 onder 17 rand teenoor die Amerikaanse dollar verhandel. Roodt skryf die verbetering toe aan die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se vyfde mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring, insluitend die aankondiging van ‘n laer inflasieteiken van drie-persent en maatreëls om openbare skuld te stabiliseer:
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het by die Groenboukonvensie in Kaapstad aangekondig dat sy departement amptelik by die Groenbouraad van Suid-Afrika aangesluit het. Macpherson sê sy departement sal Groenster-sertifisering vir nuwe en bestaande geboue nastreef. Daarbenewens sal sy departement personeel as groen professionele beamptes oplei en ‘n verslag oor die toestand van Openbare Werke se groenbou, publiseer. Hy het gesê volhoubare infrastruktuur sal ekonomiese groei dryf en blywende gemeenskapswaarde skep.
# Die vakbond Solidariteit is op 18 November in die Hooggeregshof in Johannesburg vir ‘n dringende poging om die verwydering van sy ‘rasbanier’ deur die Johannesburgse Metropolisie te betwis. Die banier het deel gevorm van die vakbond se veldtog oor rassewette voor die G20-beraad. Anton van der Bijl van Solidariteit sê die stad het die banier onwettig sonder kennisgewing verwyder en beskuldig die Gautengse premier Panyaza Lesufi van politieke inmenging:
# Die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy, se appèl teen ‘n skuldigbevinding aan kriminele sameswering wat verband hou met onwettige Libiese finansiering vir sy suksesvolle presidensiële veldtog in 2007 sal van 16 Maart tot 3 Junie aangehoor word, volgens Donderdag se uitspraak deur ‘n appèlhof in Parys. Sarkozy is hierdie week uit die tronk vrygelaat nadat ‘n hof beslis het hy hoef nie sy tronkstraf uit te dien nie. Hy sal nou probeer om die vyfjaarvonnis wat in September opgelê is, tersyde te laat stel. Sarkozy het na sy tuiskoms op X geskryf dat die waarheid sal seëvier.
# Olimpiese Spele: Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het bevestig dat Suid-Afrika beplan om te bie vir die Olimpiese en Paralimpiese Spele van 2036 of 2040. Dit sal een van die wêreld se grootste sportbyeenkomste vir die eerste keer na Afrika bring. In 2010 het Suid-Afrika die eerste land op die Afrika-vasteland geword wat die FIFA Wêreldbeker aangebied het. Ntshavheni sê die land sal nie beduidende beleggings benodig om bestaande infrastruktuur te verbeter nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-3-sent teen die dollar, 19-rand-80-sent teen die euro en 22-rand-39-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 99-duisend-852-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-176-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 62-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….