Nuus 09:00
BULLETIN 6 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Forum for South Africa eis dringende optrede oor die Suid-Afrikaners wat in Oekraïne vasgekeer is
# ActionSA dien ’n etiekklag in teen minister McKenzie
# En Amerikaanse lugdienste kanselleer honderde vlugte weens die vermindering van vlugbedrywighede
# Die Forum for South Africa sê hy is woedend dat 17 Suid-Afrikaanse mans in die oorloggeteisterde Donbas-streek in Oekraïne vasgekeer is. Die mans is glo met lonende kontrakte gelok om by huursoldaatmagte in die Oekraïne/Rusland-konflik aan te sluit. In Suid-Afrika is dit onwettig om as huursoldaat of namens ‘n ander regering te veg, tensy die regering toestemming gee. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê die saak moet ondersoek word:
# ActionSA het ‘n etiese klag teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, ingedien. Dis volgens die party weens sy misleidende antwoord op ‘n parlementêre vraag oor die Teboho Mokoena-sage wat Bafana Bafana amper hul plek in die 2026 Wêreldbeker gekos het. FIFA het Suid-Afrika met drie punte beboet nadat Makoena, wat geskors was, in Maart toegelaat is om teen Lesotho te speel. Die woordvoerder van ActionSA’s , Matthew George, sê McKenzie het die saak nie ondersoek nie, hoewel hy gesê het hy het:
# Die DA in Gauteng het sy kommer uitgespreek oor Merafong Stad se plaaslike munisipaliteit wat Rand Water en Eskom meer as drie-miljard-rand skuld. Skuld aan Rand Water het meer as verdubbel van 655-miljoen-rand in Junie 2023 tot 1,4-miljard-rand hierdie maand. Net so het skuld aan Eskom ook uitgeskiet van 858-miljoen-rand in April 2024 tot meer as 1,6-miljard-rand vandeesmaand. Carl Steenekamp van die DA sê die munisipaliteit het nog nie betekenisvolle stappe gedoen om die toenemende krisis te hanteer nie:
# Die lugrederye Delta, Southwest en United Airlines is onder dié wat vandag as voorsorgmaatreël sommige vlugte in Amerika gekanselleer het ter nakoming van die Federale Lugvaartadministrasie se riglyne. Die administrasie het opdrag gegee dat vlugbedrywighede by 40 groot lughawens vandag met vier-persent afgeskaal word weens die regering se afsluiting, wat tot personeeltekorte by lugverkeerbeheer gelei het. Die afskaling sal môre tot vyf-persent en Sondag tot ses-persent verhoog voor dit volgende week tot tien-persent sal styg.
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka en vyfde gekeurde Jessica Pegula van Amerika is deur na die halfeindronde van die WTA-jaareindtoernooi in Riaad, Saoedi-Arabië. Sabalenka van Belarus het die Amerikaner, Coco Gauff, geklop om eerste te eindig in die Stefanie Graf-groep. Gauff moet Sabalenka in skoon stelle wen om haar titel te verdedig. Pegula het Jasmine Paolini wat reeds uitgeskakel is, met 6-2, 6-3 geklop. Sabalenka en die Amerikaner, Amanda Anisimova, meet vandag kragte terwyl Pegula en Elena Rybakina van Kasakstan sake uitspook.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-39-sent teen die dollar, 20-rand-6-sent teen die euro en 22-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 101-duisend-867-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-997-dollar-32-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….