Nuus 18:00
BULLETIN 28 Oktober 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Madlanga-kommissie ondersoek verskeie foute in vroeë ballistiese verslae
# Die DA moedig Suid-Afikaners aan om op te tree teen die mislukte SEB-stelsel
# En ‘n man van Tsakane word vier lewensvonnisse opgelê nadat hy ‘n minderjarige kankerslagoffer verkrag en haar MIV-positief laat
# Die polisie se senior forensiese ontleder, Meldon Mkhatshwa, sê vroeë ballistiese verslae in die moordsaak van die ingenieur Armand Swart bevat verskeie foute. Dit sluit in verkeerde saaknommers, foutiewe datums en verwarring tussen patrone en patroondoppies. Mkhatshwa het aan die Madlanga-kommissie verduidelik hoe hy die bewyse noukeurig nagegaan en behoorlik vergelyk het en sê dit dui op ‘n behoefte aan behoorlike forensiese prosedures:
# Die DA vra Suid-Afrikaners om op te tree teen die ANC se mislukte beleid van swart ekonomiese bemagtiging. Sy nuwe reklamebord langs die N1-snelweg in Johannesburg lig SEB-mislukkings uit en bevorder die Wet op Ekonomiese Insluiting vir Almal. Helen Zille van die DA het aan die media gesê dit is daarop gemik om werk te skep, vaardighede te ontwikkel en in gemeenskappe te belê. Sy sê die wet bied ‘n billiker stelsel wat pogings en geleenthede beloon eerder as politieke verbintenisse:
# Die Tsakane-streekhof in Gauteng het ‘n 47-jarige man vier lewenslange vonisse opgelê vir die herhaaldelike verkragting van ‘n 13-jarige meisie tussen 2015 en 2016. Die slagoffer, wat in daardie stadium behandeling vir kanker ontvang het, is swanger en MIV-positief gelaat. Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die man het geen berou getoon nie en is ongeskik verklaar om met kinders te werk. Sy sê sy naam is ook op die Register van Seksuele Oortreders gevoeg:
Nuus uit die buiteland:
# Die kragtigste Karibiese storm van 2025, Orkaan Melissa, sal na verwagting dood en verwoesting saai in Jamaika. Die orkaan het Katrina verbygesteek om die sewende sterkste Atlantiese orkaan ooit te word. Die Wêreld-weerkunde-organisasie waarsku oor katastrofiese kitsvloede en grondverskuiwings met deinings van tot vier meter. Die Rooi Kruis berei intussen voor vir tot 1,5-miljoen mense in Jamaika wat deur die storm geraak sal word. Meer as 800 skuilings is opgerig vir mense wat moet ontruim in gebiede wat die swaarste getref word.
# Rugby: Vyf lede van die Junior Springbokspan wat vroeër vanjaar die onder 20-wêreldkampioenskap gewen het, is ingesluit in die SA Rugby Onder-19 Akademie-groep van 30 spelers vir ‘n Europese toer van drie wedstryde. Die vyf is die Junior Bok-kaptein, Riley Norton, Oliver Reid, Phiwayinkosi “Rambo” Kubheka, Siphosethu Mnebelele en Vusi Moyo. Die groep speel op 3 November teen ‘n Franse Onder-19-uitnodigingspan, gevolg deur die Franse Onder-19’s op 8 November. Die toer sluit af met ‘n kragmeting met Ierland se Onder-19-span op 14 November.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-18-sent teen die dollar, 20-rand-3-sent teen die euro en 22-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 115-duisend-880-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-941-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-12-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….