Nuus 13:00
BULLETIN 25 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê Suid-Afrika versterk sy handel en beleggings regoor die wêreld
# Psigiaters sê die hoë koers van polisie-selfdood dui op ‘n diepgewortelde geestesgesondheidskrisis
# En tennis: Jannik Sinner en Alexander Zverev haal die Weense Ope-halfeindronde
# President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid werk aan sy verbintenis tot ekonomiese groei deur lande soos Maleisië aan te moedig om in Suid-Afrika te belê. Ramaphosa, wat op ‘n werksbesoek van drie lande in Asië is, het tydens die ASEAN-sake- en beleggingsberaad in Maleisië gepraat. Die president sê Suid-Afrika is steeds die poort na Afrika
# ‘n Ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit Sakeskool, professor Raymond Parsons, sê Suid-Afrika se verwydering van die gryslys sal help om beleggersvertroue te verbeter en die koste verbonde aan oorsese finansiële transaksies te verminder. Die Finansiële Aksietaakspan het die verwydering van Suid-Afrika aangekondig nadat hy sy metodes verskerp het om geldwassery en terrorisme-finansiering op te spoor. Parsons sê dit is goeie nuus vir die ekonomie en is ‘n faktor wat vetroue bou op ‘n kritieke tydstip in die sakesiklus:
# Die Suid-Afrikaanse Psigiatriese Vereniging sê Suid-Afrika staar ‘n geestesgesondheidskrisis onder noodpersoneel in die gesig, met een polisiebeampte wat elke week aan selfdood sterf. Altesaam 54 beamptes het die afgelope jaar hul eie lewens geneem, en meer as 300 selfdoodgevalle is in sewe jaar aangemeld. Lerato Masenya van die vereniging doen ‘n beroep op die regering en nooddienste om vertroulike berading, gereelde geestesgesondheidstoetse en beter russkedules om die in die voorste linie te beskerm:
# President Nicolás Maduro van Venezuela het die VSA beskuldig dat hulle ‘n nuwe oorlog verklaar, nadat hulle die wêreld se grootste oorlogskip na die Karibiese Eilande gestuur het. Die USS Gerald R Ford kan tot 90 vliegtuie dra, en die ontplooiing daarvan dui op ‘n reusetoename in Amerikaanse gevegskrag in die gebied. Die VSA het tien lugaanvalle op skepe in die gebied uitgevoer as deel van ‘n oorlog teen dwelmsmokkelaars, maar Venezuela vrees die Amerikaanse militêre opbou is daarop gemik om Trump se jarelange opponent uit die kussings te lig.
# Tennis: Die topgekeurde Italianer, Jannik Sinner het Alexander Bublik van Kazakstan met 6-4, 6-4 getroef om die halfeindronde van die Weense Ope te haal. Sinner sal teen Alex de Minaur te staan kom, wat Matteo Berrettini verslaan het. In die ander halfeindronde wat vandag gespeel word, het die tweede gekeurde Alexander Zverev van Duitsland sy plek in die ATP-eindstryd verseker nadat hy sonder moeite teen Tallon Griekspoor deurgedring het. Zverev sal teen Lorenzo Musetti speel, wat Corentin Moutet uitgeskakel het.
# En ten slotte; Die Johannesburgse Metropolisie het ‘n padsluitingswaarskuwing uitgereik voor môre se Virgin Active 94.7 Ride Johannesburg-fietswedren. Die geleentheid sluit ‘n 97 kilometer lange padwedren en ‘n 35 kilometer lange kort roete in. JMPD-woordvoerder Xolani Fihla sê beamptes sal ontplooi word om veiligheid te verseker en verkeer van 4 vm tot 5 nm in die betrokke gebiede, insluitend Soweto, Randburg, Fourways en Nasrec, reguleer. Hy doen ‘n beroep op motoriste om hul roetes te beplan en geduldig te wees:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….