Nuus 09:00
BULLETIN 25 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU prys die regering se vordering met die gryslys-bevindings
# Eskom sê die kragopwekkingsherstelplan lewer volgehoue netwerkbestendigheid
# En Duitsland het ‘n kommerwekkende toename in die gebruik van sterk dwelmmiddels
# COSATU het die regering se vordering geprys met die bevindinge van die Verenigde Nasies se Finansiële Aksietaakmag oor die gryslys. Dit volg op die aankondiging van die Taakmag gister dat Suid-Afrika aan al die vereistes rakende geldwassery voldoen. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê hoewel hy hierdie belangrike prestasie verwelkom, is dit van kritieke belang om die taakmag se bevindinge nie net op skrif op te los nie, maar ook in aksie:
Die DA het intussen ook die werk, fokus en toewyding van die regering geprys om Suid-Afrika van die gryslys te laat verwyder. Die party sê sedert hulle deel van die regering is, het hulle gehelp om die uitkoms te verseker. Mark Burke van die DA sê egter daar is geen plek vir selfvoldaanheid nie. Hy sê Suid-Afrika moet momentum bou deur die suksesvolle vervolging van finansiële misdade te verskerp:
# Eskom sê die kragstelsel bly bestendig, veerkragtig en betroubaar. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dit is te danke aan voortdurende tegniese verbeterings wat onder Eskom se Opwekkingsherstelplan bereik is en wat betroubare elektrisiteitsvoorsiening vir meer as 98-persent van die tyd gedurende die huidige boekjaar verseker het. Sy sê opwekkingsvermoë het aansienlik verbeter. Die energiebeskikbaarheidsfaktor staan op 70-persent, 24 keer beter as sedert Augustus vanjaar:
# Owerhede in Duitsland waarsku daar is ‘n kommerwekkende toename in die gebruik van sterk dwelms en dit word al hoe meer toeganklik met al meer van die middels wat in Europa vervaardig word. Daar was ‘n “oplewing” in die gebruik van dwelms soos kokaïen, crack en sintetiese dwelms. Kokaïenhandelmisdrywe het met meer as 45-persent oor die afgelope vyf jaar toegeneem. Die verslag toon dat die hoeveelheid MDMA, beter bekend as ecstasy, wat deur die Duitse polisie gekonfiskeer is, met 115-persent gestyg het, terwyl beslagleggings van metamfetamien met 13-persent en amfetamien met agt-persent gestyg het.
# En sportnuus:
# Tennis: Elena Rybakina van Kazakstan het die agtste en laaste plek ingepalm vir volgende maand se WTA-eindtoernooi toe sy Victoria Mboko met 6-3, 7-6 geklop het om die Pan Pacific se halfeindronde in Tokio te haal. 2022 se Wimbledon-kampioen sluit aan by die elite-groep in Saoedi-Arabië na ‘n suksesvolle lopie wat verlede week gelei het tot ‘n oorwinning in die Ningbo Ope in China. Rybakina speel vandag in die halfeindronde teen die sesde-gekeurde Linda Noskova van die Tsjeggiese Republiek.
# En motorsport: Duisende motorren-geesdriftiges word verwag om vandag na die eerste Speed Classic Cape Town te stroom, wat die stad se geskiedkundige heuwelren-tradisie op Philip Kgosana-rylaan gaan laat herleef. Tafelberg is vandag die gasheer vir klassieke motor-wedrenne, met meer as 70 seldsame en ikoniese voertuie, insluitend ‘n 1930 Bentley 4.5L, wat teenwoordig gaan wees. Môre kom die moderne supermotors aan die beurt met die “Koning van die Berg”-wedren. Geleentheidsdirekteur Garth Mackintosh sê die doel is om die Speed Classic ‘n jaarlikse tradisie te maak. Die publiek word herinner aan verskeie padsluitings tydens die geleentheid.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….