Nuus 07:00
BULLETIN 25 Oktober 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika word van die internasionale gryslys verwyder
# Donald Trump kanselleer gesprekke met Kanada
# En rugby: Die Bulle buig die knie teen Glasgow
# Die president van die Finansiële Aksietaakmag, Elisa de Anda Madrazo, het aangekondig dat Suid-Afrika van die gryslys verwyder is. Die land is die eerste keer in November 2023 bygevoeg weens tekortkominge in sy standaarde vir die bekamping van geldwassery. De Anda Madrazo sê Suid-Afrika het al 22 tekortkominge wat twee en ‘n half jaar gelede geïdentifiseer is, aangespreek. Sy sê die land is saam met Burkina Faso, Mosambiek en Nigerië verwyder, wat ook maatreëls ingestel het om aan internasionale standaarde te voldoen:
# Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele het sy ontmoeting met sakeman Vusimusi ‘Cat’ Matlala verdedig en sê dit skend nie die ANC se beeld nie. Cele het voor die parlement se ad hoc-komitee gesê hy was nie bewus daarvan dat Matlala vir enige misdade gesoek is toe hulle ontmoet het nie en het beklemtoon dat Matlala nie in hegtenis geneem is nie. Hy het erken dat hy in retrospek nie nou dieselfde sou doen nie:
# Die DA sê die chaos rondom vanjaar se Goue Spele weerspieël die breër mislukkings binne die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling onder minister Sisisi Tolashe. Die jaarlikse geleentheid, wat bedoel is om aktiewe veroudering onder ouer burgers in Kaapstad die naweek te vier, is onbepaald uitgestel. Wendy Kaizer-Philander van die DA sê provinsies het groot bedrae op besprekings en reise verloor, en Tolashe moet verantwoordelikheid aanvaar, in die openbaar om verskoning vra, en ‘n duidelike plan voorlê om soortgelyke mislukkings te voorkom:
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy kritiek op Kanada verskerp nadat hy handelsgesprekke gister beëindig het oor ‘n Kanadese politieke advertensie waarin die Republikeinse ikoon Ronald Reagan sê tariewe veroorsaak handelsoorloë en ekonomiese rampe. Hy het Kanada daarvan beskuldig dat hy probeer om die Hoërhof te beïnvloed oor die wettigheid van sy tariewe. Die twee lande onderhandel al weke lank oor ‘n ooreenkoms vir die staal- en die aluminiumsektor. Die Ronald Reagan-presidensiële Stigting sê die advertensie was “selektief” met die gebruik klank en video en hulle ondersoek die moontlikheid van regstappe.
# En om af te sluit, rugbynuus:
# Die Glasgow Warriors het gisteraand met 21-12 by Scotstoun oor die Bulle geseëvier om tydelik die eerste plek in die Verenigde Rugbykampioenskap in te neem. Die Bulle het vroeg in die tweede helfte met 12-7 voorgeloop na ‘n drie deur heelagter Willie le Roux. Die wedstryd het egter dramaties omgeswaai met die Bulle wat tot 14 man beperk is na ‘n geelkaart-oortreding. Glasgow het ‘n deurslaggewende strafdrie gedruk, gevolg deur ‘n kortafstand-drie deur Nathan McBeth, vir ‘n oorwinning en die Bulle hul Europese toer met ‘n nederlaag laat afsluit het.
# En die Springbok-skrumskakel Cobus Reinach kan sy buiging vir die Stormers maak in vanaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Benetton in Treviso, Italië. Hy het voor die begin van die seisoen vanaf Montpellier by die Kaapse span aangesluit nadat hy voorheen vir die Haaie en Northampton Saints gepeel het. Reinach is op die bank saam met die voormalige Skotse toetsspeler Oli Kebble, wat na sy gewese span teruggekeer het wat hy in 2017 laas verteenwoordig het. Die senter Ruhan Nel is kaptein van die voorloper op die punteleer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….