Nuus 06:00
BULLETIN 23 Oktober 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Senzo Mchunu pak die skuld vir verdeeldheid op langdurige spanning in die polisie
# Binnelandse Sake begin met die voordeur-aflewering van paspoorte vir Suid-Afrikaners in die buiteland
# En die Buitelandse Persvereniging versoek Israel se Hooggeregshof om toegang tot Gaza te verkry
# Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, het ontken dat hy by die polisie se werk ingemeng het en het onder eed volgehou dat hy geen voorvalle van politieke inmenging kan onthou nie. Mchunu het voor die ad hoc-komitee getuig en gesê verdeeldheid binne polisieleierskap het lank voor sy aanstelling bestaan en is gewortel in ou wedywering. Hy voeg by sy fokus was op die herstel van eenheid en om sy volle steun aan die nasionale kommissaris, Fannie Masemola, te verseker:
Mchunu, moes moeilike vrae beantwoord oor sy besluit om die taakspan oor politieke moorde te ontbind sonder om ander ministers te raadpleeg. Hy het getuig dat oudminister Bheki Cele die tussen-ministeriële komitee se verslag oor die taakspan aan hom oorhandig het. Mchunu het erken dat hy nie kabinetskollegas geraadpleeg het nie en gesê hy het geglo die taakspan het nie meer bestaan nie:
# Die Departement van Binnelandse Sake sal van 1 November af deuraflewering van paspoorte doen vir Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon. Minister Leon Schreiber het die inisiatief in Den Haag, Nederland, bekendgestel as deel van die departement se hervorming van Binnelandse Sake by die huis. Die nuwe diens verminder paspoortverwerkingstye van 18 maande tot slegs vyf weke en maak koerieraflewering in 18 wêreldstede moontlik. Fooie wissel tussen 521- en een-duisend-43-rand, met die diens wat ook vir Suid-Afrika beplan word.
# Die Gautengse premier Panyaza Lesufi sê die ontbinding van die misdaadvoorkomingsbewaarders, informeel bekend as AmaPanyaza, sal in stadiums oor die volgende 36 maande gedoen word. Hierdie stap volg op die bewering van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dat die AmaPanyaza onwettig is. Lesufi sê die bewaarders sal geïntegreer word in die Gautengse verkeerspolisie, Spesiale Wetstoepassingseenheid, grenspatrolliespanne en ander strategiese sekerheidsentiteite:
# ‘n Organisasie wat internasionale media afsetpunte in Israel en die Palestynse gebiede verteenwoordig, sê hulle hoop Israel se Hoogste Hof sal hul versoekskrif goedkeur wat onmiddellike toegang vir joernaliste tot Gaza eis. Die hof sal vandag ‘n versoekskrif deur die Buitelandse Persvereniging aanhoor om toegang tot Gaza te verkry. Israel se owerhede het sedert die Gaza-oorlog in Oktober 2023 begin het, buitelandse joernaliste verbied om die verwoeste gebied binne te gaan en het slegs ‘n handjievol verslaggewers ingeneem met streng beheerde besoeke en vergesel deur sy soldate.
# Rugby: Die skrumskakels Nolann le Garrec, Maxime Lucu en Baptiste Jauneau sal meeding om die Franse kaptein, Antoine Dupont, te vervang vir volgende maand se toetse. Die superster sal tot Desember op die kantlyn wees met ‘n kniebesering wat hy in Maart opgedoen het en die toetse teen Suid-Afrika, Fidji en Australië misloop. Le Garrec het Frankryk in Julie in drie toetse teen Nieu-Seeland verteenwoordig, Jauneau het twee toetse op sy kerfstok en Lucu sal na verwagting hierdie maand terugkeer na sy klub, Bordeaux-Bègles, na ‘n handbesering.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-41-sent teen die dollar, 20-rand-22-sent teen die euro en 23-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-618-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-88-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 62-dollar-94-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….