Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Fase 3-beurtkrag is ingestel ondanks ‘n verbetering in opwekkingsvermoё
# BOSA begin ‘n versoekskrif wat vra vir die verwydering van minister Angie Motshekga
# En tennis: Djokovic oorleef ‘n groot skrik teen Popyrin en haal die derde ronde van die Australiese Ope
# Eskom sê fase 3-beurtkrag word vanmiddag ingestel tot vyf-uur môreoggend, ten spyte van die terugkeer van drie-duisend-200 megawatt opwekkingsvermoё. Die besluit word toegeskryf aan noodsaaklike beplande instandhouding asook terugslae. Bestuurders van kragstasies werk kliphard om 600 megawatt teen vanaand te herstel. ‘n Nuwe beurtkragpatroon is tot Saterdagoggend ingestel, wat wissel tussen fases twee en drie. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, raai die publiek aan om elektrisiteit oordeelkundig te gebruik om druk op die stelsel te verlig:
# Build One South Africa gaan ‘n openbare versoekskrif van stapel stuur wat die verwydering van die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, eis sowel as die afskaffing van die matriek-slaagsyfer van 30-persent. BOSA sê terwyl skole heropen en met die naderende matriekuitslae, het Motshekga nie daarin geslaag om billike onderwys te lewer nie. Die partyleier, Mmusi Maimane, voer aan die slaagsyfer van 30-persent ondermyn die intellek van die jeug en handhaaf middelmatigheid. Hy doen ‘n beroep op besorgde burgers om saam te staan agter die versoekskrif vir ‘n minimum standaard van ‘n slaagsyfer van 50-persent:
# Die brandweerdienste van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit en ander instellings het gereageer op ‘n brand by Franschhoek in die Boland. Volgens berigte brand die vuur in ‘n stokou plantasie in die gebied bokant die Robertsvlei-pad in die rigting van privaat eiendomme. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê verskeie hulpbronne is ontplooi:
# TymeBank het ‘n beduidende mylpaal bereik en die eerste digitale bank in Afrika geword wat in minder as vyf-jaar sedert sy bekendstelling gelyk gebreek en winsgewendheid bereik het. Die uitvoerende hoof, Coenraad Jonker, het sy tevredenheid uitgespreek en dit as ‘n deurslaggewende oomblik vir Suid-Afrika se enigste swart-beheerde bank beklemtoon. TymeBank, wat in 2019 bekendgestel is, spog met sowat 8,5-miljoen kliënte en word tans beskou as een van die vinnigs-groeiende digitale banke wêreldwyd, wat sy plek verseker het as die eerste digitale bank in Afrika om hierdie finansiële mylpaal te behaal.
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Novak Djokovic, het groot geskrik voor hy die plaaslike speler, Alexei Popyrin, met 6-3, 4-6, 7-6, 6-3 getroef het om na die derde ronde van die Australiese Ope deur te dring. Die 36-jarige Serwiër, wat op soek is na sy 11de titel in Melbourne, was diep in die moeilikheid in die derde stel toe hy die foute begin inryg het en vier keer stelpunt moes afweer. Hy moes diep delf en sy groot ervaring susksesvol inspan om die belangrike valbylpot te wen, Daarna het hy ʼn ontmoedigde Popyrin se afslaan afgeneem halfpad deur die vierde stel om beheer oor te neem.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-12-sent teen die dollar, 20-rand-77-sent teen die euro en 24-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-524-dollar-96-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-20-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-94-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….