Nuus 09:00
BULLETIN 17 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Mantashe sê die gas- en petroleumsektor moet beskerm word
# Donald Trump se voormalige nasionale veiligheidsraadgewer John Bolton word aangekla
# En krieket: Temba Bavuma is ingesluit in die Suid-Afrikaanse A-groep vir die Indiese toer
# Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê die oplossing vir bekostigbare brandstofpryse is die beskerming van die gas- en petroleumsektor. Hy het gister lede van die Parlement toegespreek tydens die Nasionale Raad van Provinsies se vraag-en-antwoordsessie met uitgesoekte ministers in die ekonomiese groep. Mantashe sê binnelandse brandstofpryse word beïnvloed deur faktore soos die prys van ru-olie, geraffineerde petrolprodukpryse en die rand/Amerikaanse dollar-wisselkoers:
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het gister die eerste vergadering belê van die adviespaneel wat die nasionale direkteur van Openbare Vervolging moet aanwys. Die paneel wat deur president Cyril Ramaphosa aangewys is, moet moontlike kandidate vir die pos identifiseer en met hulle onderhoude voer. Advokaat Shamila Batohi se termyn verstryk in Januarie. Die ministerie se woordvoerder, Terrence Manase, sê die vergadering is ‘n betekenisvolle stap om bevoegde, etiese en onafhanklike leierskap vir die Nasionale Vervolgingsgesag te verseker:
# City Power se raad sê ʼn onafhanklike ondersoek kon geen bewyse vind dat die instelling se uitvoerende gesag, insluitend uitvoerende hoof Tshifularo Mashava, enige iets verkeerd gedoen het nie. Mediaberigte, veral artikels in News24, verwys na kwessies soos bestuur, verkryging, werwing en die bestuur van infrastruktuur. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê die raad is tevrede dat die ondersoek deeglik en onafhanklik was, en bevestig sy vertroue in Mashava en die uitvoerende span se leierskap:
# President Donald Trump sê hy sal sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, in Hongarye ontmoet om te beraadslaag oor die einde van die oorlog in Oekraïne. Dit volg na hulle telefoongesprek gister. Die twee leiers het in Augustus in Alaska van aangesig tot aangesig ontmoet. Intussen ontvang Trump vandag die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, by die Withuis. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê president Trump is daartoe verbind om die oorlog tussen Rusland en Oekraïne te beëindig:
# Krieket: Protea-kaptein Temba Bavuma is later die maand weer in aksie ná sy kuitbesering. Hy is ingesluit by Suid-Afrika A se groep vir die vierdagreeks teen Indië, en sal beskikbaar wees vir die tweede van twee eersteklaswedstryde in Bengaluru. Suid-Afrika A speel in November ook drie eendagwedstryde teen Indië A in Rajkot. Krieket Suid-Afrika sê Bavuma se insluiting is deel van sy terugkeerprogram in aanloop tot die Proteas se reeks teen Indië in November en Desember.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-35 sent teen die dollar, 20-rand-32-sent teen die euro en 23-rand-34 sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-166 dollar. Die prys van goud is vier-duisend-368 dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 60-dollar-88-per-vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….