Nuus 15:00
BULLETIN 16 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Presidensie se regsverteenwoordiger benadruk verantwoording in die terugeis van Zuma se regskostes van 28-miljoen-rand
# Mchunu getuig voor die ad hoc-komitee hy het eers na sy aanstelling besonderhede oor die politieke moorde-taakspan gekry
# En ‘n Israelse forum vra die regering om verdere fases van die vredesooreenkoms te stop tot alle gyselaars tuis is
# Die Presidensie en die staat vra verantwoording met die poging om ongeveer 28-miljoen-rand se regskoste te verhaal wat in sy persoonlike hoedanigheid aan oudpresident Jacob Zuma betaal is. Die Hooggeregshof in Pretoria het gehoor dat vorige uitsprake die staat se betaling van koste ongeldig gemaak en invorderingspogings gelas het. Zuma het versuim om die geld terug te betaal en sê hy kan dit nie bekostig nie. Die Presidensie se advokaat, George Avvakoumides, beklemtoon bykomende rente in die terugvordering van openbare fondse:
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê hy het eers bewus geraak van die besonderhede rondom die taakspan vir politieke moorde nadat hy verlede jaar sy ampstermyn begin het. Mchunu het getuig voor die komitee wat korrupsie in die strafregstelsel ondersoek. Hy sê hy het teen einde verlede jaar bewus geraak van die taakspan se struktuur en geskiedenis. Mchunu het ook die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, daarvan beskuldig dat hy inligting oor die taakspan weerhou het:
Die DA-parlementslid Glynnis Breytenbach sê intussen partylid Dianne Kohler Barnard sal weer aansluit by die komitee wat die bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek. Hy het haar beskuldig dat sy geklassifiseerde intelligensie-inligting verkeerd hanteer het. Die DA het ‘n regsmening van advokaat Michael Bishop van die Kaapstadse Balie verkry, wat geen bewyse van vooroordeel of belangebotsing gevind het nie. Breytenbach sê Kohler Barnard sal haarself verskoon wanneer sake opduik wat haar regstreeks raak:
Nuus uit die buiteland:
# Die Forum vir Gyselaars en Vermistes se Families vra die Israelse regering om onmiddellik die instelling van enige verdere fases van die vredes-ooreenkoms te staak. Die forum meen Hamas hou aan om sy verpligtings te skend wat betref die terugkeer van alle gyselaars en die oorskot van slagoffers. Volgens die raamwerk wat die Amerikaanse president, Donald Trump, uitgestippel het, is die volgende fase van die skietstilstand die aanbod van amnestie aan Hamas-leiers wat hulle wapens neerlê, en die daarstel van ‘n regering vir Gaza na die oorlog.
# Motorsport: Die Suid-Afrikaner Brad Binder, wat tans sy swakste seisoen in MotoGP ondervind sedert sy buiging in 2020, sê hy is vasberade om hierdie seioen sterk te eindig. Die renjaer van Red Bull KTM is tans in die 11de plek met slegs 118 punte, met nog vier wedrenne oor. Hy het twee weke terug in Indonesië van 15de plek teruggeveg en vierde geeïndig, en die podium met slegs ‘n sekonde misgeloop. Binder sê hy vertrou hy kan sake omkeer:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-31-sent teen die dollar, 20-rand-17-sent teen die euro en 23-rand-24-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-363-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-243-dollar-72-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 62-dollar-17-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….