Nuus 12:00
BULLETIN 14 Oktober 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA sê die strafregstelsel lewer nie geregtigheid nie
# Die VN sê voldoende lewensreddende voorrade stroom in na Gaza
# En sokker: Bafana Bafana se afrigter sê dit is nie nou die tyd om in hul vermoëns te twyfel nie
# Build One South Africa sê daar is ‘n duidelike gaping in die land tussen misdade wat gepleeg, sake wat ondersoek en geregtigheid wat gelewer word. Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het onthul daar is tans net 167-duisend-343 gevangenes agter tralies. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê gegewe die hoë vlakke van ernstige en geweldsmisdaad in die land terwyl slegs 0,2-persent van die bevolking in die tronk is vir hul misdade, dui op ʼn strafregstelsel wat nie geregtigheid verseker nie:
# Die Kernbedryfvereniging van Suid-Afrika het die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, geloof omdat hy kernenergie die middelpunt van die land se herindustrialiseringsagenda maak. Wêreld-energieleiers het verlede week in Durban vergader vir die eerste hoëvlak-G20-byeenkoms oor kernenergie. Meer as 20 Afrikalande ondersoek die moontlikheid van kernenergie terwyl Suid-Afrika en Egipte reeds die pas aangee. Die vereniging sê die konferensie herbevestig die onvervangbare rol van kernkrag om energie-sekerheid, nywerheidsontwikkeling en klimaatsveerkragtigheid te bereik.
# ActionSA vra die onmiddellike vrystelling van die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag oor die Universiteit van Fort Hare. Visekanselier Sakhela Buhlungu glo verlede week se gewelddadige betogings was ‘n poging om die vrystelling van die verslag te vertraag, waarby 33 hooggeplaaste politici by akademiese bedrog by die universiteit betrek word. Matthew George van ActionSA sê mense het die reg om te weet wie ‘n geskiedkundige instelling vir persoonlike en politieke gewin gemanipuleer het:
Nuus uit die buiteland:
# Die Verenigde Nasies se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake sê genoeg noodsaaklike voorrade kom nou Gaza binne. Dit volg nadat die eerste fase van die vredesooreenkoms ingestel is waarna die laaste 20 oorlewende Israelse gyselaars in Gaza vrygelaat is. Een-duisend-718 Palestynse aangehoudenes is uit Israel na Gaza teruggestuur. Die VN-kantoor sê hy het Israel se goedkeuring om 190-duisend ton kos, skuilingvoorraad, medisyne en ander voorrade by die Gaza-strook in te neem. Dis 20-duisend ton meer as waarop voorheen ooreengekom is.
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê sy spelers is geestelik voorberei vir vanaand se moet-wen Wêreldbeker-Groep C-kwalifiseerder teen Rwanda in Mpumalanga. Suid-Afrika het Vrydag sonder doele gelykop gespeel teen Zimbabwe en moet Rwanda nou klop en hoop Nigerië verslaan Benin om outomaties te kwalifiseer vir volgende jaar se toernooi in Noord-Amerika. Broos sê hy het volle vertroue in sy spelers dat hulle die wedstryd gaan wen:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-43-sent teen die dollar, 20-rand-14-sent teen die euro en 23-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-777-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-140-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 61-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….