Nuus 13:00
BULLETIN 12 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Malusi Gigaba sê Nathi Mthethwa het geglo in die ANC se vernuwing
# Fikile Mbalula sê die apartheidsregime het swart gemeenskappe verhoed om tot hul volle potensiaal te ontwikkel
# En, Russiese vlugte het helikopters uit Suid-Afrika na Khalifa Haftar se rebellegebied in Benghazi gesmokkel
# Die ANC nasionale uitvoerende komiteelid, Malusi Gigaba, sê wyle ambassadeur Nathi Mthethwa het geglo in die hernuwing en politieke opbou van die ANC. Die 58-jarige Mthethwa, wat as die hoof van Suid-Afrika se sending in Parys, Frankryk, gedien het, is verlede week in die Franse hoofstad oorlede. Sy begrafnisdiens is tans aan die gang in KwaMbonambi in KwaZulu-Natal. Gigaba het aan SABC News gesê die party het ‘n waardevolle lid van die generasie verloor:
# Die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die apartheidsregime het swart gemeenskappe verhoed om tot hul volle potensiaal te ontwikkel. Mbalula het gister tydens die herbegrafnis van die vryheidsvegters en kunstenaars, Todd Matshikiza, Esme Sheila Matshikiza en John Pogiso Maroo in Johannesburg gepraat. Hy sê organisatoriese vernuwing deurvleg elke aspek van die politieke en sosiale lewe in alle sektore:
# Die Behuisingsontwikkelingsagentskap sê hy het ‘n ongekwalifiseerde, skoon oudit sonder bevindinge behaal, die eerste na etlike jare. Die agentskap se woordvoerder, Katlego Moselakgomo, sê die 2024/2025 finansiële jaar is ‘n bewys van gedissiplineerde beplanning en gefokusde lewering. Hy sê die agentskap het 95-persent van sy prestasieteikens suksesvol bereik, wat sy onwrikbare toewyding aan uitkomsgedrewe implementering bewys:
# Minstens vier Gazelle-helikopters is van die Lanseria-lughawe af aan boord van ‘n vliegtuig van die Russiese lugredery Abakan Air na die omstrede krygsheer Khalifa Haftar se rebellegebied in Benghazi gesmokkel. Volgens die News24-publikasie Rapport het dit oor ‘n tydperk van twee maande gebeur met vlugplanne wat Jordanië valslik as die bestemming aangedui het. Die uitvoere het VN-sanksies oortree teen die lewering van militêre toerusting aan Haftar, wat ‘n voormalige bondgenoot van Muammar Gaddafi was. Haftar het verlede jaar opslae gemaak toe hy troepe na ‘n opleidingskamp by Witrivier in Mpumalanga gestuur het vir opleiding as “sekuriteitswagte”.
# Gholf: Xander Schauffele het sy eerste titel van die jaar gewen nadat hy een hou voor Max Greyserman in die Baycurrent Classic by die Yokohama Buiteklub in Japan geëindig het. Dis die Amerikaner se eerste PGA-oorwinning sedert die Britse Ope verlede jaar. Schauffele het op 19 onder syfer geëindig na ‘n sewe onder syfer laaste rondte van 64 met agt voëltjies en een brou-hou. Hy was twee weke gelede lid van die Amerikaanse span wat die Ryderbeker verloor het, en het in 2021 Olimpiese goud in Tokio gewen.
# En ten slotte, die tenniswêreld is die maand in China waar ondersteuners gewilde spelers dikwels byname gee, gewoonlik woordspelings gebaseer op die Chinese transliterasie van hul name. Wêreldnommer-een Carlos Alcaraz word die “Eend” genoem omdat aanhangers sê hy lyk soos ‘n Australiese eendbekdier. Die 24-malige Grand Slam-kampioen Novak Djokovic staan bekend as die “Hoender”, terwyl die top-gekeurde Aryna Sabalenka “China se Dogter”, “Tiermeisie” of “Gebraaide Ryskoningin” genoem word. En alhoewel hy nie meer aktief speel nie, is Roger Federer steeds geliefd in China en bekend as die “Koei”.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….