Eko-minuut
BULLETIN 10 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê Mariene Beskermde Gebiede bevorder kustoerisme, van duik tot walviskyk, terwyl bioverskeidenheid terselfdertyd beskerm word. Volgens beramings deur die Oseane-ekonomie-meesterplan kan Suid-Afrika se oseaan-ekonomie teen 2035 166-miljard-rand tot die bruto binnelandse produk bydra en meer as 600-duisend werksgeleenthede skep. George sê die ambisieuse vooruitskatting wentel om vyf kerngebiede: akwakultuur, visserye, kustoerisme, olie en gas op see, en marienebewaring.
# CapeNature verwelkom die suksesvolle vervolging en vonnis van ‘n 38-jarige Mosambiekse burger, Gustigu Mthini, wat op vier aanklagte skuldig bevind is na ‘n gewelddadige aanval op ‘n beskermde gevlekte ooruil in Kaapstad vroeër vanjaar. Hy is skuldig bevind vir die onwettige jag van ‘n beskermde voël, die onwettige jag deur ‘n verbode jagmetode, dieremishandeling en immigrasie-oortredings. Petro van Rhyn van CapeNature sê alle diere het ‘n rol te speel in die onderhoud van die balans van Suid-Afirka se ekostelsels:
# En ten slotte: Die direkteur-generaal van die Internasionale Energie-agentskap, Rafael Mariano Grossi, sê namate Afrika-lande na kernkrag beweeg, is samewerking die sleutel om te verseker dat die vordering veilig en seker is. Meer as 20 Afrika-lande ondersoek die potensiaal van kernenergie, met Suid-Afrika en Egipte wat reeds die voortou neem. Grossi sê finansiering en regulering sal die sleutel wees om die potensiaal te verwesenlik. Hy voeg by dat die IAEA nou saamwerk met Afrika-lande om die wetlike, veiligheids- en tegniese raamwerke te skep wat nodig is om te verseker dat die uitbreiding veilig en beskermd plaasvind.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….