Nuus 14:00
BULLETIN 9 Oktober 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa vra die Wêreldhandelsorganisasie om tariewe te reguleer en manupilering van globale handel te stop
# Rugby: Vier Bokke is in die Haaie se span vir die wedstryd teen Leinster
# En Kaapstad word benoem as een van die wêreld se voorste reisbestemmings
# President Cyril Ramaphosa het die Wêreldhandelsorganisasie versoek om handelstariewe te reguleer en multilaterale handelstelsels te verbeter om die manipulering van bestaande handelsbetrekkinge te beëindig. Hy het tydens die Europese Unie se forum in Brussel, België, beklemtoon die organisasie bly die enigste instelling wat globale handelsverskille kan bestuur. Ramaphosa bevestig ook Suid-Afrika se verbintenis tot samewerking met die EU om handelsbetrekkinge te bevorder:
# Die Oos-Kaapse polisie sê omstandighede bly gespanne op die Universiteit van Fort Hare se kampus in Alice weens voortgesette studentebetogings. Die polisiewoordvoerder, Siphokazi Mawisa, sê agt studente is Dinsdag in hegtenis geneem vir openbare geweld en sake-inbraak. Hulle het gister in die plaaslike Landdroshof verskyn en die saak is tot volgende maand uitgestel. Mawisa sê niemand is nog in hegtenis geneem vir kwaadwillige saakbeskadiging of brandstigting nie:
# Die DA in Tshwane vergader vandag met die hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, Gerrie Nel. Cilliers Brink van die DA sê die party wil sake bespreek soos die onreëlmatige tender vir die opgradering van die Rooiwal-watersuiweringsaanleg wat toegeken is aan die ANC-weldoener Edwin Sodi se maatskappy, Blackhead Consulting. Hy sê die DA sal binnekort ‘n stel beloftes aankondig, insluitend beleidsmaatreëls, wat hulle in die stad wil instel:
# Rugby: Vier Springbokke – Makazole Mapimpi, Ethan Hooker, Vincent Koch en Bongi Mbonambi – is in die Haaie se groep ingesluit vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Leinster in Dublin. Mapimpi en Hooker is in die opdrafspan en Koch en Mbonambi op die bank. Die losskakel Siya Masuku keer ook terug op die bank en Jason Jenkins vervang Deon Slabbert op slot. Die Haaie se oorsese toer het begin met ‘n nederlaag teen Glasgow en ‘n gelykop-uitslag teen die Dragons.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-10-sent teen die dollar, 19-rand-87-sent teen die euro en 22-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 121-duisend-804-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-38-dollar-54-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 65-dollar-66-sent per vat.
# En laastens, Kaapstad is benoem onder die wêreld se beste stede in Travel plus Leisure se reistoekennings vir Indië en Suid-Asië, in die kategorie Internasionale Bestemmings, Beste Stad. Die tema is die Kuns van Ontdekking, en die toekennings vier plekke wat verkenning en verbintenis aanmoedig. Briony Brookes van Kaapstad Toerisme sê die benoeming bevestig die Moederstad se ongeëwenaarde wêreldwye aantrekkingskrag en spoor Kapenaars aan om te stem en so te help om die eerste plek te verseker:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….