Nuus 06:00
BULLETIN 7 Oktober 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse aangehoudenes in Israel word vandag vrygelaat en gedeporteer
# Die ANC herbevestig sy verbintenis tot breë swart ekonomiese bemagtiging
# En krieket: Die Proteas klop Nieu-Seeland om hul eerste oorwinning by die Wêreldbeker vir Vroue te behaal
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het bevestig dat die groep Suid-Afrikaners, wat deel was van die Global Sumud-flottielje en daarna deur Israelse owerhede aangehou is, vandag vrygelaat sal word. Die groep, insluitend Mandla Mandela en skrywer en kulturele aktivis Zukiswa Wanner, is verlede week aangehou terwyl hulle probeer het om humanitêre hulp aan Gaza te lewer. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die groep sal gerepatrieer word en vandag via Jordanië vertrek:
# Die nasionale uitvoerende kommittee van die ANC het sy verbintenis aan Swart Ekonomiese Bemagtiging herbevestig as ‘n sleutelinstrument om vorige ongeregtighede aan te spreek en huidige ekonomiese ongelykhede te verminder. Die party het sy spesiale NUK-vergadering in Boksburg, in Ekurhuleni, Gauteng, gister afgesluit. In sy slotopmerkings het party-president Cyril Ramaphosa beklemtoon dat transformasie ‘n deurlopende proses is en sentraal staan tot die bevording van die nasionale ontwikkelingsplan:
Ramaphosa, sê ook die party verskerp sy stryd teen korrupsie en waarsku dat gevolgebestuur en leefstyloudits streng toegepas sal word in die openbare sektor. Ramaphosa het gesê die Spesiale Ondersoekeenheid se verslae toon dat die regering ernstig is oor die bekamping van korrupsie, en alle bevindings sal opgevolg word:
# Die Kantoor van die Pensioenfondsberegter het ‘n 13-persent toename aangeteken in nuwe klagtes gedurende die 2024/25 boekjaar, met tien-duisend-331 wat ingedien is en tien-duisend-100 wat opgelos is. Die uittredende Beregter, Muvhango Lukhaimane, sê 44-persent van die gevalle was weens wanbetaling van werkgewerbydraes. Lukhaimane sê die tweepotstelsel het 239 klagtes as gevolg van agterstallige skuld en vertragings getoon. Sy sê die Wet op Finansiële Instellings sal die definisie van die aftreefonds uitbrei om staatsdiensaftreefondse in te sluit.
# Die Internasionale Strafhof het ’n gevreesde Soedanese guerrilla-leier skuldig bevind aan oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom tydens wrede aanvalle in Darfur tussen Augustus 2003 en April 2004. Ali Muhammad Ali Abd-Al-Rahman, ook bekend as Ali Kushayb, is skuldig bevind aan verskeie misdade insluitende verkragting, moord en marteling. Hy sal op ‘n latere datum gevonnis word. Abd-al-Rahman het ‘n bril dra, geklee in ’n blou pak met ‘n lyfband en ‘n onderbaadjie met ’n skarlakenrooi das, en het die verrigtinge gevoelloos gevolg, en net soms ‘n nota gemaak.
# Krieket: Suid-Afrika het Nieu-Seeland met ses paaltjies verslaan om hul eerste oorwinning by die Vrouewêreldbeker in Indore te behaal. Nonkululeko Mlaba het vier paaltjies laat val toe die Proteas die Wit Varings vir 231 uitgehaal het. In antwoord het Tazmin Brits 101 aangeteken en die eerste vrou geword om vyf eendaghonderdtalle in ‘n jaar aan te teken. Sy het ‘n vennootskap van 100 lopies met Sune Luus gedeel, terwyl Suid-Afrika met 55 balle oor hul teiken bereik het. Die Protea-vroue het verlede Vrydag ‘n verpletterende nederlaag teen Engeland in hul openingswedstryd gely.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-15-sent teen die dollar, 20-rand-9-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 124-duisend-972-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-962-dollar-2-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….