Nuus 11:00
BULLETIN 5 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC steun die polisiespan wat na Frankryk gestuur is om die Mthethwa-dood te ondersoek
# Senzo Mchunu sê hy is gereed om voor die Madlanga-kommissie te getuig
# En motorsport: George Russell spring eerste weg by die Singapoer Grand Prix
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula sê die party ondersteun die Suid-Afrikaanse polisie ten volle in die stuur van ‘n span ondersoekers na Frankryk om te help met die ondersoek na ambassadeur Nathi Mthethwa se dood. Mbalula het tydens die ANC se nasionale uitvoerende komiteevergadering in Ekurhuleni gesê die verlies van ‘n ambassadeur onder sulke omstandighede moet nie ligtelik opgeneem word nie. Hy het bygevoeg dat die ANC samewerking met die Franse owerhede verwelkom om te verseker dat ‘n behoorlike ondersoek uitgevoer word:
# Die geskorste polisieminister, Senzo Mchunu, sê hy is gereed om voor die Madlanga-kommissie te getuig. Mchunu, tans met spesiale verlof, word beskuldig van politieke inmenging in die SAPD en vir die ontbinding van die Politieke Moorde-taakspan het. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, het vroeër beweer dat Mchunu beïnvloed is om dié besluit te neem. Mchunu verwelkom die kans om sy kant te stel en het bevestig dat hy voor die ANC-integriteitskomitee verskyn het:
# Japan se regerende party het gister die voormalige minister van Ekonomiese Sekuriteit, Sanae Takaichi, as sy nuwe leier verkies, wat van haar waarskynlik die land se eerste vroue- eerste minister sal maak. Sy is een van die mees konserwatiewe lede van die manlik-gedomineerde Liberale Demokratiese Party. Takaichi vervang eerste minister Shigeru Ishiba met die hoop om openbare steun te herwin en aan bewind te bly na groot verkiesingsverliese. Sy sal waarskynlik Japan se volgende eerste minister wees, aangesien die party verreweg die meeste steun in die laerhuis het, wat die nasionale leier bepaal, en omdat opposisiegroepe hoogs versplinter is.
# Sportnuus:
# Motorsport: George Russell sal die voorste wegspringplek in die Singapoer Grand Prix inneem en het ‘n nuwe ronderekord by die Marina Bay-straatrenbaan opgestel. Die Mercedes-jaer het Max Verstappen van die Red Bull-span net-net met 0,182-sekondes geklop. Titelmededingers Oscar Piastri en Lando Norris het 3de en 5de gekwalifiseer, wat ‘n uitdagende wedren vir die McLaren-paar op die moeilike straatrenbaan beteken, waar verbysteek moeilik is. Russell se voorste wegspringplek is slegs Mercedes se tweede hierdie seisoen. Sy spanmaat Kimi Antonelli is vierde. Lewis Hamilton van Ferrari is in die sesde posisie.
# En gholf: Garrick Higgo van Suid-Afrika het gister nader aan sy tweede Amerikaanse PGA-toertitel vir 2025 beweeg met ‘n vyf-onder-baansyfer 67 om ‘n voorsprong van twee houe na drie rondes van die Sanderson Farms-kampioenskap te behaal. Higgo het ses voëltjies en een oor baansyfer aangeteken by die Jackson Country Club in Mississippi om ‘n totaal van 18-onder-syfer van 198 op te bou. Hy het die dag met een hou voor begin en was twee houe voor die Amerikaners Steven Fisk en Danny Walker.
# En ten slotte: Die UDM het Suid-Afrika se onderwysers geprys as oordraers van kennis en argitekte van die nasie se toekoms ter viering van Wêreldonderwysersdag, vandag. Die waarnemende sekretaris-generaal Zandile Phiri het opvoeders geprys vir die koestering van toekomstige leiers ten spyte van oorvol klaskamers en swak hulpbronne. Sy het ‘n beroep gedoen op verbeterde werksomstandighede, beter betaling en die herlewing van onderwysopleiding en mentorskapprogramme om professionaliteit te herstel en ‘n veilige, ondersteunende leeromgewing landwyd te verseker.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….