Nuus 09:00
BULLETIN 2 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die P20-regerings fokus op skuldkansellasie, klimaatsverandering en klimaatsfinansiering
# Saftu sê om migrante die skuld te gee vir Suid-Afrika se probleme is ‘n berekende leuen
# En die Withuis waarsku oor afleggings indien die regeringsluiting voortduur
# Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het afgevaardigdes by die elfde G20 Parlementêre Speakersberaad in Kaapstad versoek om oorsig en globale solidariteit te bespreek. Die tema is “Die benutting van Parlementêre Diplomasie vir die Verwesenliking van Globale Solidariteit, Gelykheid en Volhoubaarheid” en Didiza het wêreldwye samewerking aangemoedig om die befondsing van ‘n billike energie-oordrag te versnel, asook die kansellering van skuld om te verseker geen nasie word agtergelaat nie:
# Die vakverbond, Saftu, sê hy veroordeel diegene wat op opportunistiese wyse migrante blameer vir die land se ekonomiese krisis, swak dienslewering, die hoë werkloosheidsyfer en ineenstorting van die gesondheidstelsel. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het onlangs bevraagteken of metro’s kan bekostig om gratis dienste aan ongedokumenteerde buitelanders te lewer. Asive Dyani van Saftu sê om die skuld vir die land se probleme op ongedokumenteerde immigrante te pak, is ‘n politieke strategie wat die argitekte van besnoeiings en die begunstigdes van korrupsie van aanspreeklikheid te vrywaar:
# Die African Transformation Movement sê die Tembisa Hospitaal-skandaal bewys die haglike gevolge van gierigheid en wanbestuur wat die kwesbaarstes regstreeks raak. Die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na korrupsie by die hospitaal het afgekom op drie gekoördineerde sindikate wat meer as twee-miljard-rand, wat vir gesondheidsorg bedoel was, geplunder het. ATM-woordvoerder Zama Tshona sê die ondersoek het ʼn skokkende netwerk van bedrog, samespanning en geldwassery ontbloot wat openbare vertroue ondermyn en die gesondheidsorgstelsel se integriteit vernietig:
# Die Withuis sê regeringsagentskappe maak gereed vir besnoeiings en afleggings wat sal plaasvind indien die afsluiting voortduur. Die regeringsluiting het gister begin nadat Republikeine en Demokrate in die Kongres nie kon saamstem oor ʼn nuwe bestedingsplan nie. Demokrate wil waarborge hê oor gesondheidsorgbefondsing terwyl Republikeine ʼn tussentydse maatreël wil gebruik om die regering tot middel-November oop te hou. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê die Demokrate veroorsaak die sluiting:
# Sokker: Die verdedigende kampioene Paris Saint-Germain het ‘n agterstand ingehaal en Barcelona met 2-1 in die tweede ronde van die Kampioeneliga geklop. Ferran Torres het Barcelona laat voorloop, maar PSG was voor halftyd gelykop met ‘n doel van die 19-jarige Senny Mayulu. Die plaasvervanger Goncalo Ramos het in die laaste minuut die wendoel aangeteken. Manchester City moes tevrede wees met ‘n gelykoptelling van 2-2 teen Monaco en Arsenal het Olympiacos 2-0 verslaan. Die geleende doelskopper Rasmus Hojlund van Manchester United het ‘n dubbeldoel aangeteken met Napoli wat vir Sporting CP met 2-1 verslaan het in sy eerste Kampioeneliga-oorwinning van die seisoen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-21-sent teen die dollar, 20-rand-19-sent teen die euro en 23-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-638-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-864-dollar-37-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-59-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….