Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# SARA beskuldig die OVK van die verwaarlosing van kiesersopleiding
# Die Oos-Kaapse premier is optimisties oor ‘n 80-persent matriekslaagsyfer
# En, krieket: Edward Moore vervang Tony de Zorzi in die Proteas-toetsgroep in Nieu-Seeland
# Die South African Rainbow Alliance kritiseer die Onafhanklike Verkiesingskommissie en sê hy blink daarin uit om meer as 400 partye te registreer, maar vaar swak met kiesers-opvoeding. Hulle is besorg omdat opvoeding aan politici oorgelaat word en wys op ‘n gebrek aan bewustheid by studente en ʼn verwaarlosing van die diensbedryf. Die alliansie raai die OVK aan om sy werksure te verleng asook winkelsentrums en tersiêre instellings te besoek vir omvattende kiesersopvoeding. SARA vra gesamentlike pogings om te verseker Suid-Afrikaners het die geleentheid om te registreer om te stem.
# Die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, is optimisties dat die matriekslaagsyfer vir 2023 hoër as 80-persent sal wees. Bykans 100-duisend leerders het die Nasionale Senior Sertifikaateksamen in die provinsie afgelê. Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sal die nasionale uitslae Donderdag vrystel. Mabuyane skryf die samewerkende pogings van leerders, onderwysers en bestuur vir die verwagte positiewe uitkoms. Hy het aan die SABC die samewerkende verbintenis uitgelig om ʼn lofwaardige slaagsyfer in die provinsie te behaal:
Intussen het die DA sy beste wense aan alle leerders en onderwysers oorgedra vir die nuwe skooljaar wat môre begin, veral graad eens. Daar is egter kommer oor die vertraging in die aflewering van studiemateriaal, veral skole wat nie skoolgelde hef nie. Die party doen ‘n beroep op die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, om toe te sien dat materiaal betyds versprei word, want dit kan ‘n negatiewe uitwerking op onderwysuitkomste hê. Baxolile Nodada van die DA verwag uitdagings in die matriekuitslae weens gewaande regeringsmislukkings:
# Krieket: Die kolwer van die Westelike Provinsie, Edward Moore, vervang Tony de Zorzi in die Suid-Afrikaanse groep vir die reeks van twee toetse in Nieu-Seeland. De Zorzi het onttrek nadat die Durban’s Super Giants hom ʼn kontrak in die SA20 aangebied het. Moore is die agste speler sonder toetservaring in die Proteas-groep. Hy het al in 117 eersteklas-wedstryde gespeel en sal na verwagting die kolfbeurt saam met kaptein, Neil Brand, open. Die groep vertrek Vrydag en die eerste toets teen die Black Caps begin die vierde van volgende maand.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-87-sent teen die dollar, 20-rand-54-sent teen die euro en 23-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-796-dollar-80-sent. Die prys van goud is twee-duisend-40-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-88-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Die Nasionale Seereddingsinstituut doen ‘n beroep op baaiers, bootvaarders, roeiers, seilbootvaarders, hengelaars en kusstappers om veiligheid voorop te stel aan die kuslyn, binnelandse waterweë en kus-staproetes. Motoriste en voetgangers word ook gewaarsku om nie riviere in vloed en laagwaterbrûe oor te steek nie. Volgens die instituut het talle verdrinkings in die feestyd in gebiede sonder menseredders voorgekom. Die NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, sê dit is belangrik dat mense alkohol moet vermy voor hulle gaan swem:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….