Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Azapo bevraagteken die integriteit van Suid-Afrika se verkiesing
# RISE Mzansi verwelkom Khume Ramulifho van die DA
# En, sokker: Bafana is terug in Afcon en hoop op ‘n goeie afskop
# Die Azanian People’s Organisation sê hy is bekommerd oor die regverdigheid van die komende verkiesing en beskuldig die ANC daarvan dat hy met die uitslae kan knoei. Azapo sê hy grond sy uitspraak op die ANC se slagspreuk van onverskokkenheid. Die party sê hy neem ook kennis van die gewese sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, wat beweer hy weet hoe die stemme gaan lyk. Die woordvoerder van Azapo, Jabu Rakwena, sê mense moet aandag skenk aan sekere kwessies in die verkiesing en moet die proses fyn dophou:
RISE Mzansi verwelkom intussen die DA se gewese Gautengse woordvoerder oor Onderwys, Khume Ramulifho. Die party beskryf hom as ‘n talentvolle en ervare politieke leier en openbare verteenwoordiger, wat as raadslid in die Stad Johannesburg asook as lid van die Gautengse wetgewer gedien het. Die nasionale voorsitter van RISE Mzansi, Vuyiswa Ramokgopa, sê Ramulifho sluit op ʼn kritieke tydstip by die party aan terwyl hulle besig is om die party te bou in Gauteng, wat een van die mees bestrede strydtonele sal wees tydens die komende verkiesing:
# Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika ondersoek ‘n voorval nadat ‘n vrou wat van Kaapstad op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng aangekom, in die binnelandse aankomssaal inmekaargesak en gesterf het. Die voorval het gisteraand gebeur. Paramedici het noodbehandeling op haar toegepas, maar kon haar nie red nie. Sy is op die toneel dood verklaar en is vermoedelik aan ‘n hartaanval dood, hoewel dit nog amptelik bevestig moet word. Haar identiteit word weerhou totdat haar naasbestaandes oor haar dood ingelig is. ACSA het sy medelye met die familie uitgespreek.
# Die Iranse Revolusionêre Hof het die Nobelpryswenner vir Vrede Narges Mohammadi se tronkstraf met 15 maande verleng. Sy dien ‘n vonnis van 12 jaar uit nadat sy skuldig bevind is aan die verspreiding van propaganda teen die Islamitiese Republiek terwyl sy in aanhouding was. Die bekende meseregte-aktivis is al 13 maal tronk toe gestuur. Haar familie het die uitspraak veroordeel en beklemtoon dat dit haar vyfde vonnisoplegging is sedert Maart 2021. Hulle sê hulle is bekommerd oor die behandeling van menseregte-aktiviste in Iran.
# Sokker: Bafana Bafana is weer terug in die Afrikabekertoernooi nadat hy nie vir 2021 se toernooi in Kameroen kon kwalifiseer nie. Suid-Afrika speel vanaand tienuur sy eerste groepswedstryd teen Mali in die Ivoorkus. Die ander groepswedstryde is Sondag teen Namibië en volgende Woensdag teen Tunisië. Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, sê ‘n goeie afskop is noodsaaklik:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-90-sent teen die dollar, 20-rand-57-sent teen die euro en 23-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 43-duisend-27-dollar-40-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-33-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-84-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….