Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 29 September 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die leierskap van die ANC en die Patriotic Alliance sal môre vergader oor die heraanstelling van die PA se adjunkpresident Kenny Kunene as ‘n burgemeesterskomiteelid vir Vervoer in Johannesburg. Die PA het gedreig om uit die RNE te onttrek.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig ook oor die verhoudingsprobleme tussen die ANC en PA oor die heraanstelling van Kunene. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula het gesê die RNE sal voortgaan al onttrek die PA.
Dan skryf die koerant die Bok-losskakel, Sacha Feinberg-Mngomezulu se prestasie die afgelope naweek om 37 punte in ‘n toetswedstryd aan te teken word as wêreldklas beskou.
En laastens word berig die afbeelding van die Paul Kruger-standbeeld is nie op die kampus van die Noordwes-universiteit toegelaat nie en ‘n groep studente het by die hek saamgedrom en die Stem gesing.
GAUTENG:
# Sowetan:
Berig oor die moord op Lebo Sekhute van Soweto. Hy is volgens ooggetuies deur ‘n polisiebeampte wat hy vroeër die dag ontmoet het doodgeskiet.
# The Citizen:
Skryf die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het die name van vyf-duisend-821 maatskappye ingesluit in ‘n verslag oor ondernemings wat nie hul werknemers se pensioenbydraes oorbetaal nie. Die polisie ondersoek op die oomblik ook bykans ‘n duisend ondernemings.
# En The Star:
Berig ook oor die pensioenfondskrisis in Suid-Afrika. Die koerant skryf daar is nagenoeg 600-duisend werkers wie se finansiële toekoms bedreig word. Cosatu het ‘n dringende verklaring oor die kwessie uitgereik.
En tweedens skryf die koerant daar het wydverspreide betogings in Fochville uitgebreek oor die watertoevoer.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig oor die toename in ontvoerings in Suid-Afrika. Vanaf Januarie tot Maart vanjaar was daar vier-duisend-254 voorvalle. Die meeste voorvalle is in Johannesbug en Ekurhuleni aangemeld. Die privaat ondersoeker Mike Bolhuis waarsku dat die sindikate baie gesofistikeerd is. In een van die voorvalle was 12 gewapende mans en drie voertuie betrokke.
En tweedens skryf die koerant oor die tuinier van Darling wat sonder om te skroom kaalhand drie pofadders by ‘n huis opgeraap en in ‘n drom gegooi het.
OOS-KAAP:
# Daily Despatch in Oos-Londen:
Berig die EFF-leier Julius Malema sal vandag sy lot verneem in die voortslepende wapensaak teen hom.
En skryf die minister van Polisie moet 100-duisend-rand opdok vir ‘n onwettige arrestasie.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf daar heers kommer oor bendebedrywighede by sommige skole waar bendes reeds vasgeskop het.
En tweedens word berig liggame is besig om op te hoop by van die grootste lykshuise in die gebied.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig ‘n geraamde 775-duisend-163-hektaar, sowat 34-persent van die Etosha Nasionale Park, het binne ses dae afgebrand.
Dan skryf die koerant ses van die beskuldigdes in die Namcor-Enercon-korrupsiesaak het nie borgtog ontvang nie. Dit is hoofsaaklik as gevolg van die erns van die aard van die aanklagte teen hulle en teenstrydighede in hul getuienisse.
En laastens word berig boere in die suide van die land is hoopvol dat die swaar neerslae in die gebied ‘n goeie reënseisoen inlei.