Nuus 11:00
BULLETIN 28 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die getuienisleier van die Madlanga-kommissie wil die kommissie verlaat
# Rusland val Oekaïne aan met ’n hewige hommeltuig- en missielaanval
# En atletiek: Glenrose Xaba wen die 10 km Vroue-uitdaging Grand Prix
# Die hoofgetuienisleier, advokaat en senior regsverteenwoordiger van die Madlanga-kommissie, Terry Motau, het bevestig dat hy in gesprek is oor sy toekoms by die kommissie. Volgens News24 het Motau aan waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga geskryf en versoek om die kommissie te verlaat. Motau moet nog sy besluit finaliseer terwyl die kommissie voorberei om getuienis aan te hoor oor beweerde korrupsie waarby politieke en wetstoepassingsbeamptes betrokke is.
# Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê die nuwe aanlyn registrasie- en moniteringstelsel vir organisasies sonder winsbejag is ‘n deurbraak in die bekamping van onwettige geldvloei. Die waarnemende woordvoerder van die departement, Sandy Godlwana, sê die bekendstelling is gemik is om bestuur, aanspreeklikheid en deursigtigheid te versterk binne ‘n sektor wat sentraal staan tot Suid-Afrika se maatskaplike struktuur:
# Die DA in die Wes-Kaap sê hulle is diep teleurgesteld oor die Nasionale Raad van Provinsies se besluit om die ontbinding van die Knysna-munisipaliteit te verwerp. Dave Bryant van die DA sê die aanbeveling deur die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, was beide nodig en geregverdig in die lig van Knysna se voortdurende regeringskwessies. Hy sê deur teen die ontbinding te stem, het die NRVP gekies om ‘n koalisieregering te behou wat die mense van Knysna herhaaldelik in die steek gelaat het:
# Kiëf het vroeg vanoggend onder ‘n hewige hommeltuig- en missielbombardement deurgeloop, in wat onafhanklike waarnemers beskryf as een van die grootste Russiese aanvalle op die Oekraïnse hoofstad en omliggende streek sedert die volskaalse oorlog begin het. Die hoof van Kiëf se militêre administrasie, Tymur Tkachenko, sê ten minste drie mense is dood en ongeveer tien is beseer. Een van die slagoffers is uitgeken as ‘n 12-jarige meisie. Die Oekraïnse minister van buitelandse sake, Andrii Sybiha, sê die aanval onderstreep die behoefte aan meer strafsanksies teen Rusland om om sy aggressie te staak.
# En sportnuus:
# Atletiek: Die Suid-Afrikaanse padwedloop-ster Glenrose Xaba het haar goeie vertoning voortgesit deur haar derde 10 km Grand Prix-uitdaging vir vroue in die Gqeberha-wedloop te wen. Sy sal na die laaste byeenkoms by Mark’s Park in Johannesburg op Sondag 7 Oktober waarskynlik as die eerste Suid-Afrikaanse atleet gekroon word om die reeks drie keer te wen.
# En gholf: Span Europa het oorheers by Bethpage Black in New York en Saterdag se Viertal- en Vierbal-sessies gewen om met ‘n geskiedkundige voorsprong van 11,5 teenoor Amerika se 4,5 te open. Die voorsprong van sewe punte is die grootste ooit op die laaste dag van die enkelspelkompetisie in die moderne formaat. Rory McIlroy, Tommy Fleetwood en Jon Rahm het die Europese aanval teen ‘n sukkelende Amerikaanse span gelei. Die wêreld se nommer-een Scottie Scheffler, is steeds sonder ‘n oorwinning. Europa benodig vandag net drie punte om die trofee op te eis.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….